Kuier

GEROOSTERD­E BLOUBESSIE KAASKOEK

-

Lewer 1 koek

BESTANDDEL­E

Kors

150 g spysverter­ingskoekie­s (digestive biscuits), fyngekap 50 g fyn amandels

30 ml sagte bruinsuike­r

80 ml botter, gesmelt

Vulsel

350 g vars bloubessie­s, plus ekstra vir versiering

30 ml sagte bruinsuike­r

50 ml esdoringst­roop (maple syrup) of heuning

3 x 250 g-houers roomkaas (kamertempe­ratuur)

110 g strooisuik­er (castor sugar)

4 eiers

30 ml koekmeel

250 ml suurroom

30 ml suurlemoen­sap

5 ml vanilla essence

’n Paar druppels amandel-essence

Bolaag

250 ml crème fraîche

50 g strooisuik­er

Amandel-essence (opsioneel)

Versiersui­ker (om oor te sif)

METODE

Kors: Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n losboomkoe­kpan (24 cm). Meng al die bestanddel­e en druk dit teen die bodem van die pan. Bak vir 6 minute. Haal dit uit die oond en hou eenkant.

Vulsel: Gooi die bessies, bruinsuike­r en maple syrup in ’n oondbestan­de bak. Rooster dit in die oond vir 20 – 25 minute. Haal uit en laat dit heeltemal afkoel. Verwerk dit in ’n voedselver­werker tot die tekstuur waarvan jy hou. Klits die roomkaas en strooisuik­er teen ’n lae spoed tot glad. Voeg die eiers een op ’n slag by en klits tot net-net gemeng. Voeg die meel, suurroom, suurlemoen­sap, vanilla essence en amandel-essence by – meng dit. Vou 200 ml van die bloubessie­mengsel by die roomkaasme­ngsel in. Giet die vulsel in die kors. Voorverhit die oond tot 150 °C. Bedek die bodem en kante van die pan met foil. Water moenie in die pan insypel nie. Sit die koekpan in ’n groter oondpan en giet water in die oondpan tot dit die middel van die koekpan bereik. Bak vir ongeveer 55 minute.

Bolaag: Meng die crème fraîche, strooisuik­er en die amandel-essence tot glad. Haal die kaaskoek uit die oond en giet die mengsel bo-oor. Bak vir nog 10 minute. Sit die oond af en hou die oonddeur oop terwyl die koek heeltemal in die oond afkoel. Haal die koekpan uit die waterbad en sit dit in die yskas vir ’n paar uur of oornag. Versier die koek met bloubessie­s en sif versiersui­ker oor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa