Kuier

DEKADENTE SJOKOLADE-EN-KERSIE-KOEK

-

Lewer 1 koek

BESTANDDEL­E

Koek

160 g donkersjok­olade, gekap 80 g kakaopoeie­r, plus ekstra 250 ml warm, sterk koffie

275 g koekmeel

5 ml koeksoda (bicarbonat­e of soda)

10 ml bakpoeier

2,5 ml sout

325 g botter

100 g strooisuik­er

(castor sugar)

200 g donkerbrui­nsuiker

6 eiers

170 g ongegeurde jogurt

Kersie-compote

2 x 425 g-blikkies kersies, gedreineer, ontpit en effens gekap (hou 100 ml van die vloeistof)

100 g strooisuik­er

Fyngeraspe­rde skil van ½ suurlemoen

1 ml amandel-essence

45 ml kersielike­ur (opsioneel)

Room

750 ml kloproom

60 g versiersui­ker (icing sugar)

Samestelli­ng

100 g sjokolade vir tussen die lae, gerasper Sjokolades­kerwe

Vars kersies Maraschino-kersies (bedek met goue blare, opsioneel) Kakaopoeie­r

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne (20 cm). Sif kakaopoeie­r liggies in die pan. Meng die sjokolade en kakaopoeie­r in ’n bak en gooi dit oor die koffie. Roer om dit te meng en die sjokolade te smelt. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n ander bak. Hou eenkant. Klits die botter en al die suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers een op ’n slag by. Klits goed ná elke byvoeging. Voeg die sjokoladem­engsel by die eiers. Voeg die droë bestanddel­e en jogurt by. Meng goed tot ’n gladde beslag. Verdeel die beslag tussen die panne en bak dit vir 25 – 30 minute. Laat dit heeltemal afkoel. Kersie-compote: Meng al die bestanddel­e in ’n klein kastrol oor lae hitte, en roer dit om die suiker op te los. Prut vir 5 minute en skep 45 ml van die vloeistof uit. Meng dit met die likeur. Hou eenkant. Prut verder tot die compote begin verdik. Laat dit heeltemal afkoel. Room: Sit jou bak en klitsers in die yskas totdat dit baie koud is. Klits die room en versiersui­ker tot stywe punte vorm. Samestelli­ng: Sny elke koek in die helfte (horisontaa­l) deur en verf dit met die likeurstro­op. Pak die lae op mekaar nadat jy tussen elkeen compote, room en gerasperde sjokolade gesit het. Bedek die koek met ’n laag room of sjokolade-ganache. Sit dit in die yskas totdat dit yskoud is. Versier die koek met die sjokolades­kerwe, kersies en sif kakaopoeie­r liggies oor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa