Kuier

VERTEL VIR ANTIE VAL Antwoord

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Sat van cheaters Vraag SOEK BETER LEWE

Ek is ’n 25-jarige dame. Ek wil net weet wat om te doen. Ek is moedeloos en gebroke. Elke verhouding van my word beëindig. Ek weet nie of ek die probleem is nie, maar elke boyfriend cheat op my en dan is alles oor. Ek is al so bang om weer my kop in ’n verhouding te sit. Ek het ’n baba van drie maande en ’n 7-jarige seun. Elkeen het hul eie pa en dis nie die lewe wat ek wil hê vir my en my kinders nie. BESWAARD

Antwoord BESTE BESWAARD

Ek dink die tyd het aangebreek dat jy jou fokus verander. Begin deur te evalueer wat en wie jou eks-boyfriends was en probeer die red flags vroeg raaksien wanneer jy reg is om na ’n nuwe partner te soek. Gebruik die verlede as waardevoll­e lesse. Verder moet jy jou fokus vir nou heeltemal op jouself en jou kinders plaas. Begin meer doelgerig lewe. Ek bedoel jy moet liewer daarop fokus om ’n lewe vir julle te bou – die een wat jy voel julle verdien. Daarby ingesluit gaan jy ook nie net enige man in jou lewe aanvaar nie. Hy moet by jou waardes en belange (asook dié van jou kinders) inskakel. Jy moet ook leer om nie so gou jou hele hart vir ’n man te gee nie. Omring jou met mense wat jou opbou en begin jý werk aan ’n beter toekoms vir jou en jou kinders. G’n man kan daai vir jou gee nie. ’n Beter lewe vir jou en jou kinders begin by jou.

Vraag ONGELUKKIG BY DIE HUIS

Ek het my kind se pa sewe jaar gelede ontmoet. Ons bly by sy familie in die jaart. Ek is nie gelukkig hier nie, want hulle is almal vals en heeltyd onbeskof. Hulle doen goed wat my seermaak, maar as ek optree dan is ek die verkeerde een. Ek kla by my kind se pa, maar hy kruip in by hulle. Die pa op die jaart praat net oor seks wanneer hy met my praat, maar dan verwag hulle nog respek. Ek sit nie eens saam met hulle in ’n company nie, want ek kan nie pretend nie. Glo my as ek sê my ou is ’n sweetheart. Ek weet nie meer wat om te doen nie. My eie mense likes dit glad nie dat ek hier bly nie. Wat moet ek doen?

GEGRIEF

Antwoord BESTE GEGRIEF

Hartjie, jy en jy alleen is die argitek van jou eie geluk. Hoekom laat jy toe dat jy so afgekraak word deur mense wat jou regtig nooit sal of wil aanvaar nie? Jy sal baie vinnig ’n besluit moet maak vir jou en jou kind se onthalwe. ’n Mens kan net iemand help wat gehelp wil word. So, ek stel die volgende vraag aan jou: Wil jy gehelp word? As jou antwoord hierop positief is, dan is die volgende jou opsie: Stel vir jou sweatheart boyfriend ’n finale ultimatum. Sê vir hom hy sal met sy familie moet praat oor alles wat jou pla of julle sal ’n ander nes moet kry. Jou situasie gaan net verander as jy ’n move gaan maak, want die lyk my jou ou is baie gemaklik.

Jy sal moet sterk deurkom by die pa op die jaart, en laat hom van die staanspoor af verstaan jy wil nie oor seksgoed met praat nie. As hy verder karring, dreig hom met die polisie en sê jou boyfriend van hom wat jou so pla met sy sekspraatj­ies.

Vraag MA WYS NIE LIEFDE NIE

Hoe maak ek met my ma? Sy kan niks goed sien wat ek doen nie. Al wat sy doen, is om my uit te skel. Ek weet nie of sy al ooit vir my gesê het sy is lief vir my of vir my ’n drukkie gegee het nie.

SEERGEMAAK

BESTE SEERGEMAAK

Ai, jinne my kind, kyk hoe hartseer maak jy my nou. Onthou, daar is niks fout met jou nie. Jy is goed genoeg. Die probleem lê baiekeer by die ander party, en in jou geval lê die probleem by jou ma. Daar is dalk goed wat jy nie van weet nie wat sy in die geheim mee worstel.

Ek stel voor dat jy ’n volwassene met die nodige wysheid en kalmte betrek. Dit kan ’n familielid, familievri­end of iemand soos jul pastoor of geestelike leier wees. Reël ’n huisvergad­ering en dan praat jy jou hart uit. Elke mens verdien liefde en aanvaardin­g. En as sy nie deel wil wees van die vergaderin­g nie, moet jy steeds met iemand praat sodat hulle bewus kan wees van wat aangaan. As jy al groot is, hoop ek jy sal binnekort op jou eie voete kan staan. Ek wil ook hê jy moet jouself belowe om hulp te kry en nie die siklus waarmee jou ma besig is, voort te sit nie. Sulke goed kan ’n mens vir die res van jou lewe volg en seermaak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa