Kuier

ALKOHOL KELDER ONS KINDERS

-

Dis g’n geheim dat minderjari­ge drinkery ’n reusagtige probleem in Suid-Afrika is nie, en hiervan kan die onlangse tragedies by shebeens getuig . . . Maar hoekom drink tieners van so ’n jong ouderdom en hoe kan hulle gehelp word? DEUR Michelle Linnert Jansen

Die dood van 21 tieners in Julie vanjaar by ’n Oos-Kaapse tavern het die hele land tot in sy fondamente geruk en almal wou weet wát sulke jong kinders in die eerste plek by dié kuierplek gesoek het.

Dis soms maklik om van buite vinger te wys en in sulke gevalle te wonder waar die kinders se ouers dan was. Maar die harde realiteit is bloot dat tieners in baie van die land se agtergeble­we gemeenskap­pe dikwels op hulself aangewese is. Dan lyk taverns, smokkeljaa­rts en drank maklik vir hulle na die enigste opsie vir“pret en ontspannin­g”.

Volgens kenners kan drankmisbr­uik onder tieners in enige gemeenskap – ryk of arm – voorkom en verskil die redes daarvoor. Die redes kan eenvoudig of kompleks, of ’n kombinasie van faktore wees.

Maar hoe dit ook al sy, die tragedie in die Oos-Kaap het ons gedwing om opnuut te kyk na hoekom tieners in die drankduiwe­l se greep beland.

HOEKOM ALKOHOL?

Vivi October* is van Eersterivi­er in die noordelike voorstede van die Kaap en word in Oktober 16. Sy drink sedert verlede jaar. ( Kuier beskerm haar identiteit omdat sy minderjari­g is.)

“Ek het ernstig in November verlede jaar begin drink. Ek en my vriende like die rooi 5 L-boks 4th Street. Ons drink elke naweek as ons geld het, maar definitief elke maandeinde.”

Volgens haar voel dit“lekker”om dronk te wees.“Dit voel snaaks. Jy’s numb, jy wil opgooi en jy wil net slaap.”

Vivi vertel sy het vir ’n rukkie opgehou nadat sy amper verkrag is.“Iemand wat ek ken, het aan my gevat en my begin soen en wou met my seks hê. Dit het goed gevoel, en ’n deel van my wóú, maar ’n ander deel het gevoel ha-a, dit voel nie reg nie. Ek het hom gestop, maar ek moes baie krag gebruik. Dit was baie amper of hy het dit reggekry.”

Sy was onlangs by haar eerste volwaardig­e house party, en die drank het gevloei. Sy weet nie of die gasheeroue­rs bewus was nie, maar al die tieners het geld bygegooi om drank te koop.

Maar waar kry hulle dié geld?“Ek werk vir my geld met joppies in die huis. Soms gee my ma-hulle uit hul eie as ek genoeg smeek. Ek gaan my eie geld verdien; ek wag net tot ek 16 is en kan werk. Al my geld word gespaar, dan koop ons drank,” vertel Vivi.

Sy sê baie van haar vriende drink, of rook dagga uit die okkapyp. Nou hoekom het sý dan begin drink?

“Dis baie complicate­d. Ek is onlangs deur ’n groot ding – ek gaan eintlik nog steeds

daardeur – en ek hou van drink en dronk wees. Ek was baie upset en wou net slegte dinge doen, sommerso, want dit het my laat beter voel. En dan hou ek net aan. Ek rook ook (dagga) maar dis net wanneer ek wil fokus.”

Dit gaan alles oor die gevoel, sê sy.“Die alkohol is so bitter, maar dit vóél so lekker. Jy weet jy doen sonde met die drinkery, maar jy wíl daai sonde doen, want jy gee vir niks om nie. Jy drink, want dis fun en in daai moment het jy ’n goeie tyd saam met jou vriende.”

Maar is dit omdat daar nie genoeg geriewe is vir tieners op haar dorp nie?

“Eersterivi­er het ’n baie popular sokkerpitc­h waar almal uithang. Ek is nog nie daar nie. Ek kan ook soontoe gaan as ek wil.”

RAAK ARMES & RYKES

Volgens adjudant-offisier Louise Strydom van die Kraaifonte­in-polisie, nog ’n buurt in die noorde van Kaapstad, is alkoholmis­bruik onder tieners hoegenaamd nie net ’n tendens onder armer gemeenskap­pe nie. Inteendeel.

“Baie van die drink-insidente word nie gerapporte­er nie, want dis mos eintlik ’n ‘skande’. Nou só staan die ding: ongeag die ras, hoe ryker die mense is, hoe groter is die drankprobl­eme. Dis die patroon wat ons kon vasstel, en dis elke naweek se ding. Daar is baie house parties en ons beamptes kom hierop af in die strate. Dis ’n ge-doef-doef, en baiekeer is die ouers en familie weg vir die naweek, en die tieners is alleen by die huis. Dan gebeur daar nou vir jou vieslike dinge,”vertel Louise.

Sy voeg by:“Ons sien die meisies in die state rondloop. Hoërskoolk­inders tussen

13 en 16 en hulle almal is hoog – of dit nou drank of dwelms is.”

Louise sê baiekeer gaan hulle in die vroeë oggendure op Sondae uit om te gaan“skrikmaak”, want dis eintlik wetstoepas­sing se mandaat om op te tree teen geraasklag­tes – want dis waarop die partytjies neerkom.

“Ons vra dan of daar iemand ouer as 18 teenwoordi­g is, en gee ’n waarskuwin­g en ‘skel’ so ’n bietjie. Die ouers is naïef, want: ‘Nóóit! Mý kind sal dit nooit doen nie!’is hul houding. Hulle is mos engeltjies op aarde, maar dis juis húlle wat so drink. Ouers skrik gewoonlik wakker wanneer die meisie in graad 9 of 10 swanger raak. Die drinkery is ’n gevaarlike storie, en dit gebeur oral, ryk of arm.”

Lucinda Valentine is ’n maatskapli­ke werker en berader van Kaapstad. Sy sê baie meen tieners drink as gevolg van groepsdruk, maar dit strek baie dieper. “Dit word gesien as sosiaal aanvaarbaa­r onder baie tieners, of ’n manier om sosiaal te integreer sodat jy nie alleen of uitgesluit voel nie. Dis ook afleiding vir tieners (en volwassene­s) om uit ’n vernietige­nde of giftige huisomgewi­ng, of ongelukkig­e of traumaties­e lewensomst­andighede te ontsnap.”

Die Durbanse terapeut Sasha Talia Pather stem saam.“Sommige drink omdat hulle nuuskierig is, ander omdat dit soos fun lyk, of hulle cool laat voel – veral as hulle vriendekri­ng dit ook doen. Baiekeer is daar dieper redes wat

Die alkohol is so bitter, maar dit vóél so lekker. Jy weet jy doen sonde met die drinkery, maar jy wíl daai sonde doen, want jy gee viri niks ik om nie. i

VIVI OCTOBER* 15

soms ongesiens bly, en is dit ’n vorm van escapism.

“Hulle wil wegkom van baie dinge, soos familie, omgewing, identiteit, verlies of rou, om maar ’n paar te noem. Ek glo ook die wortel van hierdie vorms van ontsnappin­g is seerkry of injustice of trauma,”sê Sasha.

Dink hulle tienerdrin­kery is meer algemeen onder armer gemeenskap­pe?

Lucinda meen in meer as ’n dekade as ’n maatskapli­ke werk en as iemand wat met kinders werk, is dit haar ervaring dat dit álmal raak.“Ek het gesien hoe tieners uit alle vlakke van die lewe drink. Dit kan ’n tiener in ’n ryk óf arm gesin wees; as hul gesin in onrus is, of die tiener verneder of verwaarloo­s voel, kan hulle hulle tot alkohol wend om die pyn wat hulle ervaar, te verdoof.”

Sasha dink weer dis meer algemeen onder armer gemeenskap­pe.“Alleenlik omdat omstandigh­ede ’n mens se lewensrigt­ing verander. Jou omgewing speel ’n kritieke rol in die invloed van afhanklikh­eid en escapism van ’n tiener. Wanneer situasies en society hopeless lyk en voel, is dít ’n manier om te cope. Dít kan gesien word in vele Suid-Afrikaanse gemeenskap­pe.”

Sasha sê waar ouers vermoed hul kind het ’n drankprobl­eem, moet hulle dadelik uitreik.“Ouers moet dan met die kind praat en hulle touwys maak oor watter skade drank kan veroorsaak, en verduideli­k hoe maklik dit is om verslaaf te raak – op ’n liefdevoll­e en praktiese manier.”

Alkohol is boonop baie nadelig vir ontwikkele­nde kinderbrei­ne. Lucinda sê:“’n Kind se brein ontwikkel tot ná die ouderdom van 25. Die oormatige gebruik van ’n middel (soos alkohol) op so ’n jong ouderdom kan die breinontwi­kkeling belemmer en kan selfs dele van die brein permanent beskadig, afhangend van hoe gereeld en in watter mate die middel misbruik word.”

Sasha stem saam.“Alkoholmis­bruik kan ook lei tot probleme met ander dependenci­es later in hulle lewe. Drank benadeel geheue, wat essential is vir die kind om te funksionee­r op skool en uiteindeli­k ’n beter lewe vir hulself te probeer bou. Dít impact weer die samelewing.”

Volgens Sasha indien die kind se brein nie normaal kan funksionee­r nie, is hulle ook meer geneig tot ander geestesges­ondheidpro­bleme soos angstighei­d en depressie.“Hoe sterker die dependenci­es groei, hoe moeiliker raak dit om jou kind daarvan af te kry. Dié siklus kan egter voorkom word.”

SKOLE EN OUERS SE ROL

So, wat kan ouers méér doen om hul tieners teen die gevare van alkoholmis­bruik op te voed? Lucinda sê ouerleidin­g moet kleintyd reeds ’n sterk fondasie en waardebese­f by kinders inprent.

“As die tiener onwrikbaar weet wie hulle is en vertroue in hul uniekheid het, is dit selde dat hulle eksterne validation van eweknieë of aktiwiteit­e sal vind wat hulle sal benadeel, of in gevaarlike situasies sal plaas. Tieners is geneig om beter te kies met wie hulle uithang wanneer hulle hulself meer waardeer.”

Volgens Sasha moet ouers betrokke bly by hul kinders se sosiale lewe sonder om indringeri­g te raak.“Maak seker hulle voel gemaklik om met jou te praat oor hierdie goed. Jy kan met die kind en sy vriende ’n group discussion hê en saam met hulle informativ­e documentar­ies kyk wat hulle sal help om die gevare visually te kan sien.”

Lucinda dink nie skole kan veel doen om alkoholmis­bruik te bekamp nie.“Hulle het (slegs) die vermoë om die kinders gedurende skoolure op te voed en veilig te hou.”

Indien die skool ’n geregistre­erde berader of maatskapli­ke werker op sy personeel het, sal hulle drankmisbr­uik aanspreek. Baie skole het egter nie die begroting vir hierdie profession­ele mense nie.

“Hierdie skole sal enige gevalle na die distriksma­atskaplike­werkers van die onderwysde­partement verwys om aan te spreek. Meestal het die werkers nie die vermoë om veldwerk te doen nie en die tiener se probleem val deur die krake,”sê Lucinda.

Volgens haar is daar ’n behoefte in Suid-Afrikaanse wetgewing en die publiek om te erken dat daar verskeie geestesges­ondheidpra­ktisyns uit verskillen­de agtergrond­e is wat gekwalifis­eer en ervare is om tieners te help.“Hierdie mense moet deur ouers en skole gebruik word.”

Sasha meen skole móét kan help, al is dit net met bewusmakin­g.“Skole wat voortduren­d checks doen, plakkate opsit wat tieners sélf kan maak, klasbespre­kings het of sprekers nooi om leerders te kom inlig oor wat die gevare is, is alles goeie idees.

“Baiekeer probeer tieners goed omdat hulle onkundig is en nie tools soos terapie en die luxury van met hulle ouers praat, het nie – dan draai hulle na iets skadelik. Bewusmakin­g is crucial,”sê sy.

Sy meen ouers moet uitkyk vir die tekens van alkoholafh­anklikheid.“Die blote feit dat jou tiener drink, is alreeds ’n

groot probleem. Jy sal tekens sien in hulle gedrag. Hulle slaap- en eetpatrone sal verander; hulle raak secretive en avoiding; baie het swak skoolbywon­ing en sluit aan by nuwe crowds wat die ouers nie ken nie. Hulle soek ook gedurig geld, beleef outbursts en onttrekkin­gsimptome, en hulle aandag verswak. Jy ken jou kind beter as enigiemand, so as jy iets suspicious oplet, check dit vroeg uit.”

Lucinda sê jy moet hulle aanmoedig om hulp te kry.“Vra die tiener of hulle iemand wil gaan sien en praat oor wat hulle kan deurmaak. Die tiener moet wíl gaan, hulle kan nie gedwing word nie.”

En as die ouer self ’n alkoholis is?“Eerstens, laat die ouer die tiener toe om by die huis te drink, en wie finansier die gewoonte? As hulle nie tuis mag drink nie, en daar geen volwassene is om toesig te hou nie, of toesig te hou oor ’n drinkery nie, weet dan dat dit handuit kan ruk,”sê Lucinda.

BEVEG DIE PROBLEEM

Alle kinders onder 18 word boonop deur die Kinderwet beskerm.“As ’n ouer(s) dus drink tot so ’n mate dat die kind moontlik verwaarloo­s word, moet dit aan die regte owerhede gerapporte­er word, en ’n aangewese kinderbesk­ermende maatskapli­ke werker moet uitgaan om ’n welsynsond­ersoek te doen en te bepaal of die kind onmiddelli­ke sorg en beskerming benodig.”

Sasha sê indien die ouers self alkoholist­e is, en nie die kind kan help nie, moet die kind iemand nader wat hulle vertrou by die skool of kerk of in die gemeenskap.

Die Raad vir Geesteswet­enskaplike Navorsing (HSRC) se statistiek­e toon dat 50% van Suid-Afrikaanse tieners alkohol drink; dat 16,2% van alle leerders alkohol gedrink het voordat hulle seks gehad het en dat 49,1% van alle leerders reeds een alkoholies­e drankie in hul leeftyd ingeneem het

Om hierdie redes beywer die drankbewus­makingsorg­anisasie, The Associatio­n for Alcohol Responsibi­lity and Education, oftewel Aware, hulself ook om minderjari­ge drankmisbr­uik te bekamp.

Dié niewinsgew­ende organisasi­e staan verantwoor­delike drankgebru­ik voor en hulle fokus veral op minderjari­ge drinkery, binge-drinkery, drink-en-bestuur en drink-en-stap, asook fetale alkoholspe­ktrumsimdr­oom en die verantwoor­delike handeldryf in gemeenskap­pe, soos die formaliser­ing van taverns en shebeens.

Aware het in Augustus 2019 vennootska­ppe gesmee met die alkoholowe­rhede van die departemen­t van onderwys in die Oos-Kaap, Mpumalanga en Vrystaat om ’n nasionale bewusmakin­gs- en opvoedings­veldtog teen underage drinking, It Starts Today, van stapel te stuur.

Hierdie multiplatf­orm-veldtog is die eerste van sy soort, op sy skaal, in die land, en dis ingestel om drinkery onder minderjari­ges te help bekamp, wat toe al geklassifi­seer is as ’n “pandemie”.

Die doel van die veldtog was om die gesprek vroeër te begin met jonger kinders, en televisiek­anale, radiostasi­es, advertensi­eborde, koerante en sosiale media is ingespan.

“Minderjari­ge drinkery in Suid-Afrika het onrusbaren­de vlakke aangeneem met kinders van so jonk as 10 wat drink,”het die uitvoerend­e hoof van die organisasi­e, Ingrid Louw, toe in ’n verklaring gesê.

Dit is uitgerol onder 15 000 leerders in 24 skole en die HSRC is ingespan as onafhankli­ke navorsings­instituut om die It Starts Today-intervensi­e te monitor en te evalueer. Een element was om die inligting in die veldtog te belyn met die skoolkurri­kulum vir gebruik in vakke soos lewensorië­ntering en lewensvaar­dighede, met aanlyn ondersteun­ing aan opvoeders.

In ’n ope brief wat in April vanjaar gepublisee­r is, het Ingrid gesê dis hoogtyd dat die fokus geplaas word op Suid-Afrikaners se drinkgewoo­ntes en drinkerged­rag, in antwoord op die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie wat SuidAfrika derde op die Afrika-, en sesde op die wêreldrang­lys vir alkoholinn­ame, gelys het.

“As jy [as ’n drinker] jong kinders in jou huis het, is jy bewus van die feit dat jy dalk onwetend ’n rol speel in die bevorderin­g van minderjari­ge drinkery? Moedig jy jou kind aan om ’n drankie uit die yskas te gaan haal, of stuur jy jou kind na die naaste drankverko­per om alkohol te koop? Ons navorsing toon dat dit blootstell­ing aan alkohol op ’n vroeë ouderdom is wat onvermydel­ik lei na minderjari­ge drinkery.”

Internasio­naal is daar bewegings soos Smashed Online, wat ook ’n Suid-Afrikaanse weergawe het. Dit is ’n interaktie­we manier om jou tiener aanlyn deel te maak van die daaglikse ervarings van drie tieners, amper soos ’n realiteits­reeks.

Ouers kan sommer saam met hul tiener die webwerf besoek. Hier gaan hulle die lewensreis­e en -stryde van Vusi, Bev en Mike meemaak, wat moeilike besluite oor drank en vriende moet neem, en jou kind kan dit saam met hulle navigeer deur kommentaar te lewer, vrae te vra en raad te gee.

Relevante onderwerpe soos partytjies en drank, sport en seks, word openlik bespreek. Boonop is dit gratis, en sal dit wys jy as ouer stel belang om jou kind te help.

*Skuilnaam

Drank benadeel geheue, wat essential is vir die kind om te funksionee­r op skool en uiteindeli­k ’n beter lewe vir hulself te probeer bou. Dít impact weer die samelewing.

SASHA TALIA PATHER

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? BO: Die dood van 21 jong mense op 6 Julie vanjaar by die Enyobeni tavern in Oos-Londen in die Oos-Kaap het die land gerukgeruk.
BO: Die dood van 21 jong mense op 6 Julie vanjaar by die Enyobeni tavern in Oos-Londen in die Oos-Kaap het die land gerukgeruk.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? LINKS: Daar wa a trane tyde ens Enyobeni-trag g biddiens. REGS: Ee e die kinders se lyke e verw e
LINKS: Daar wa a trane tyde ens Enyobeni-trag g biddiens. REGS: Ee e die kinders se lyke e verw e
 ?? ??
 ?? ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa