Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Nogal snaaks. Vir die eerste keer weet ek nie hoe om my redakteurs­brief te begin nie. En ek skryf dit nou al amper vir dertien jaar elke twee weke met net ’n paar onderbreki­ngs hier en daar. Dit beteken nou nie dit vloei elke keer ewe maklik nie. (Om eerlik te wees, ná ’n lang, harde week moet ek ook maar soms kraam om iets sinvol uit te kry.) Maar vir hierdie uitgawe het ek genuine nie eens geweet waar om te begin nie . . .

Eerstens is die Queen in Kuier (ja, ek het dit met ’n hoofletter geskryf), sommer hier neffens my. Nie op die voorblad nie, of blaaie vol nie, maar sy is hier.

Ek dink nie sy is die eerste royal in die tydskrif nie, ons het al van hul fashions op die modeblaaie gewys, maar ons het van die begin besluit om nie juis oor hul doen en late (met ander woorde hul troues, babas of skandes) te skryf nie. Toe Kuier begin is, het ons besef die taak om gewone mense se stories te vertel, is groot en ons is klaar ver agter, so ons kan nie nog plek aan die monargie afstaan nie – daarvoor kry hulle oorgenoeg exposure oral elders.

So Kuier het nog nooit oor die royals geskryf nie. Boonop is ons van mening dat hulle ook maar net mense is nes enigiemand anders en daarom is hul stories nie belangrike­r as enigiemand anders s’n nie. Anyway, toe gaan die Queen . . .

Die vrou was 96 en ons almal het geweet dit kom, maar vir die een of ander rede kon niemand dit vir ’n oomblik glo toe hulle die nuus kry nie. En dis die ding. Daar is min plekke op hierdie aarde waar dit nié nuus was dat die Queen gesterf het nie.

En almal se reaksie was anders. Sommige was in rou gedompel en vir ander was dit meer ’n kwessie van good riddance. Soos Trevor Noah dit gestel het.“It’s complicate­d”– want aan die een kant is daar die lelike geskiedeni­s van die empire en kolonialis­me en aan die ander kant hierdie formidabel­e vrou wat nie gekies het om queen te word nie, maar ’n eed afgelê het om ’n job te doen. En dink van haar wat jy wil, maar anders as so baie ander van vandag se“leiers”het sy haar woord gehou. Het sy foute gemaak? Of course, maar ek dink sy het die game gespeel met die kaarte wat sy gekry het. Sy het ons darem probeer vorentoe vat, want wat as sy weer probeer empire bou het? So, almal is beslis nie eens oor die Queen of die monargie nie, maar ek dink dis goed dat ons verskil en praat oor hoe ons aanbeweeg. Maar ongeag hoe jy oor die saak voel, niemand kan ontken dat die Queen se dood ’n geskiedkun­dige event is waarvan ons moet kennis neem nie. Hierdie is geskiedeni­s, want die royals feature in ons eie stories en eie herinnerin­ge.

Só sal ek nooit vergeet hoe ek in sub A by Pinedene Primêr Charles en Diana se troue op die colour TV gekyk het nie; en toe 16 jaar later in 1997 by Beeld (Johannesbu­rgse koerant) as jong joernalis in die produksiek­antoor daarvoor verantwoor­delik was om foto’s van haar begrafnis op video te vat. (Dit was in die jare voor vinnige internet, fotogalery­e, selfoonkam­eras, ensovoorts, ensovoorts …)

Ek sal ook nooit vergeet hoe almal om my kliphard geskreeu het dat ek nie die“Mummy”-foto moet mis nie! (Dis die beroemde foto van die wit ruiker met ’n kaartjie op prinses Diana se kis met“Mummy”daarop geskryf in ’n kind se handskrif – glo een van die prinse.) Daai foto was die volgende oggend in

die koerant.

Dit voel vir my op ’n manier het dinge nou vol sirkel gekom hier by Kuier met die Queen se dood. En aan die einde van daai hele relaas, het ek net een woord oor vir Koningin Elizabeth II: RESPEK!

En daarmee volstaan ek met die royals, hoewel ek myself nie sal kan help om hul storie dop te hou nie. Dis die beste reality show ooit!

Terug na ons mense se stories. Julle, gryp die tissues! Hierdie uitgawe is onbeskof soos dit jou emosies heen en weer gaan pluk. Ek moes self rus-rus lees én ek werk hier.

Julle en ek weet ek kan oordryf, maar ek belowe julle sal hierdie een nie vinnig kan lees nie. Jy sal jou tyd moet vat of ’n storie meer as een keer moet lees om regtig tot by die hart uit te kom en die woorde en betekenis toe te laat om tot in jou gees af te sak.

Ek gaan nie stories uitsonder nie, maar hierdie uitgawe het wat jy nodig het, van bemoedigin­g tot inspirasie en natuurlik goeie raad.

Dis amper ’n soort bediening en ek is daarvan oortuig dit bring boodskappe wat so baie van ons lesers nou nodig het om te hoor. Want, dit gaan regtig swaar daarbuite. En nou bedoel ek nie net die ekonomie nie, want mense, dit hoef niemand meer vir niemand te sê nie – almal kry swaar, dit knyp oral. Maar dis die geestelike en emosionele pyn – daai wonde wat ons nie kan sien nie, wat my regtig bevrees maak. Maar die boodskap in hierdie uitgawe is deur en deur dat die hoop nooit beskaam nie, so moet jy nie te trots of te skaam wees om te hoop (of te bid) nie!

Tot volgende keer,

 ?? ?? ONDER: Koningin Elizabeth II lê in die Palace of Westminste­r Hall voor haar begrafnis.
ONDER: Koningin Elizabeth II lê in die Palace of Westminste­r Hall voor haar begrafnis.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa