Kuier

Vraag Antwoord

Daar bestaan regtig nie iets soos ’n dom vraag nie. So, as jy nog altyd oor iets gewonder het, maar te skaam was om te vra, is dit jou kans om uiteindeli­k antwoorde te kry. Jy kan oor enige onderwerp vra en ek sal help.

-

NATTIGHEID IN DIE HUIS

Ek het een vertrek in die huis waarvan die ruite oornag altyd opwasem en nattigheid in die vensterraa­m veroorsaak. Ek is bang dit veroorsaak muf in die hele kamer. Wat kan ek doen? BEKOMMERD

BESTE BEKOMMERD

Albert de Bruijn, ’n DIY-kenner van die WesKaap beantwoord jou vraag.

Die opwasem van vensters veral gedurende die wintermaan­de gebeur gereeld, want anders as in die somermaand­e, hou ons die vensters toe, want dit is koud. Indien die vensters dwarsdeur die jaar “opwasem”, kan dit wees as gevolg van die volgende faktore:

Klam of vogtige mure

Indien dit ’n nuutgeboud­e huis is, kan dit wees dat die bouwerk nog nie droog is nie en die vensters sal opwasem.

Indien dit ’n muur is wat na die reënkant wys, kan dít die oorsaak wees, want:

Daar is geen isolasie tussen die fondasie en die mure nie en daarom word vog deurgelaat.

Die pleisterwe­rk is vol krake en laat vog deur.

Die verfwerk aan die buitekant is gedaan en moet oorgedoen word.

Die seëlaar tussen die vensterram­e en pleisterwe­rk is gedaan en moet vervang word.

Die putty van die vensters is gedaan en moet oorgedoen word.

Damp wat styg

Die vloerwater­digting is dalk beskadig gedurende bouwerk en laat vog deur wat vensters sal laat opwasem.

Nat wasgoed wat in die kamer gelos word deur die dag om droog te word. Toe deure en toe vensters gedurende die nag. In sulke gevalle is daar geen ventilasie nie. Die oplossing is om die vensters gereeld oop te maak sodat die lug kan ventileer en enige vog wat daar is, ontslae van te raak.

Indien die vensters gereeld opwasem, sal die mure en plafon beslis begin muf as die bogenoemde moontlike oorsake van nattigheid nie aangespree­k word nie. Maar indien jou vertrek alreeds begin muf het, het jy ’n probleem.

Jy kan die volgende doen: Die mure moet afgewas word met suikerseep of Jik. Daar is ook anti-fungi-produkte op die mark beskikbaar waarmee die muur gewas moet word. Die slegte nuus is egter dat hierdie intervensi­es slegs tydelik is. Dit gaan nie regtig help indien die onderligge­nde vogproblee­m nie opgelos word nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa