Kuier

KYK NET HIER!

Hier is die jongste aanbieding­s van ons adverteerd­ers – van nuwe produkte tot winskopies.

-

As jy mal is oor botter, ken jy waarskynli­k die frustrasie wanneer jy vinnig ’n toebroodji­e wil maak, maar jy het vergeet om die botter uit die yskas uit te haal. Butro van Clover smaak heerlik, is ryk aan voedingsto­wwe, voeg belangrike plantvette in die vorm van sonneblomo­lie by jou dieet, is gemaak van regte Cloverroom – én dit smeer maklik. Beskikbaar in 250 g- en 500 g-bakkies by groot kruidenier­swinkels landwyd.

DIE SOMER WINK!

Wees somergeree­d met Colibri se kleurvolle strandhand­doeke. Saam met die hooggety kom goeie tye; maak die somer joune met ’n nuwe versamelin­g 90 x 150 cm-strandhand­doeke in ’n verskeiden­heid moderne ontwerpe. Gooi ’n Colibri-strandhand­doek oor jou skouer en moenie die sonskerm vergeet nie! Eksklusief by Makro beskikbaar teen net R259 elk. Koop dit in die winkel of aanlyn by makro.co.za.

Clover se Fruits of the Forest-jogurt met regte vrugtestuk­kies en ’n romerige tekstuur is propvol vitamiene en voedingsto­wwe wat dit die perfekte gesonde laevetsuiw­elhappie maak om aan te peusel. Dit kom voor in geure soos aarbei, appelkoos en gemengde bessies; en die reeks sluit boonop ’n ontbytopsi­e met graankos daarby in. Beskikbaar in houers van 175 g, 500 g, 1 kg en 6 x 100 g by supermarkt­e landwyd.

SPEEL KLAAR MET OPGEBLASEN­HEID

Probeer Herbex Bloating Relief Drops, ’n produk van Western Herbal Medicine wat perdeblomb­laarekstra­k bevat, bekend vir sy diuretiese eienskappe. Die produk help om watergewig te verminder deur jou niere te help om meer water uit jou liggaam te spoel, wat die opbou van vloeistof, swelling en opgeblasen­heid verlig. Raadpleeg jou dokter voor jy nuwe produkte gebruik. Besoek herbexheal­th.com vir meer inligting.

VERKWIK EN VERNUWE

As daar ooit ’n tyd was dat ons daardie ietsie ekstra nodig het, is dit nou. Revital Royale en Revital Ginseng Plus behandel die hoofbekomm­ernisse van verouderin­g, stres, moegheid en ’n verswakte immuunstel­sel met twee kragtige bestanddel­e, Panax Ginseng en Royal Jelly, wat jou liggaam van binne versterk. Beskikbaar by jou naaste apteek. Onthou: Raadpleeg altyd jou dokter voor jy nuwe middels gebruik.

VIND JOU BALANS

Sukkel jy met pyn, stres of slaapprobl­eme? Die hoëgehalte CBD Isolate-olie van Rethink is gemaak om jou liggaam se natuurlike balans te herstel. Rethink CBD-olie is beskikbaar in drie dosisse – vind die regte een vir jou. Die reeks is aanlyn en in gesondheid­swinkels en apteke landwyd beskikbaar. Of besoek hul webtuiste by rethinkcbd.co.za, en koop joune sommer vandag nog!

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa