Kuier

’N HARTLIKE HALLO AAN AL MY KUIER MENSE,

-

Geliefdes, julle weet ek is ’n positiewe mens wat nie sommer toelaat dat die lewe se storms my onderkry nie, maar selfs ek moes die laaste ruk diep grawe om die blink kant bo te hou. Ek vermoed my reservoir van positiwite­it het weens Covid-19 ’n bietjie leeggeloop, en daarom het Eskom met fase 6 gedreig om my amper in ’n suurknol te verander!

Maar net voor die hoop kon beskaam, het ek onthou Suid-Afrikaners het al bewys dat ons enige struikelbl­ok kan oorkom. En dis ook nie die eerste keer in my lewe dat ek sonder krag moes regkom nie, so dis darem nog nie vir my katastrofi­es nie.nie Maar dit ís ongelukkig vir ander in hierdie land. Net

oel ek ook die stygende pryse, maar ek weet ander Suid-Afrikaners gaan binnekort met leë mae sal moet gaan slaap omdat kos so duur raak.

En ek is bevrees dit lyk of dinge net erger gaan raak, want selfs die wêreld se grootste ekonomieë kry nou swaar, en hulle pass net al die stygings na die arm lande aan. Só is Suid-Afrika natuurlik in die slag weens die wisselkoer­s en hoe swakker dit met die rand gaan, hoe meer styg pryse.

Ons is self pas hard geslaan toe die prys van papier skielik die hoogte ingeskiet het omdat dit in dollar bereken word. Ons kon net een van twee dinge doen: Maak soos die ryk lande en pass dit aan na julle, ons liewe lesers, deur die tydskrif se prys dienooreen­komstig op te sit. (Ek gaan nie eens sê wat daai prys sou moes gewees het nie!)

Of ons skakel oor na goedkoper papier en gee ’n paar blaaie prys sodat ons die tydskrif se prys dieselfde kan hou (ten minste vir nou).

Ja, liewe lesers, ek is positief, maar nie vals nie. Daar is geen manier dat ons prys nie ook die een of ander tyd gaan moet styg nie, maar darem nie nou wanneer niemand dit kan bekostig nie.

Maar toe onthou ek wat Margaret Rossouw op Facebook gesê het toe ons lesers vra wat is die een ding wat julle laat Proudly South African voel: Ons almal skarrel. En ons moet biddend bly, het sy bygevoeg.

Nou ja, mense, ons gaan skarrel. Die papier is anders, en as my wiskunde reg is, vier blaaie minder. Bygesê, ek hoor die papier is beter vir die blokraaie.

Maar onthou ook wat bly dieselfde: die prys en natuurlik die topgehalte­leesstof! Tot volgende keer,

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa