GOUD AGTER SY NAAM
Suid-Afrika tans het. Vir my om deel te wees van die top 12-spelers in die land was onbeskryflik. Net om daar te wees, was vir my meer as genoeg.”
Maar sy foon wat gesteel is met die uitnodigingsboodskap daarop, het gemaak dat Roderick so ampertjies die proewe vir die span misgeloop het. Toe hy uiteindelik ’n ander selfoon aanskaf, toe kom die boodskap deur dat hy dié einste dag, Saterdag 2 September, by die Rembrandt Hall,‘n sportkompleks in Pretoria, moet aanmeld!
“Ek het eers gedink dis die Rembrandt ‘Mall’in die Paarl. Ek vra toe of ek ook moet kom, want ek is in die Paarl en die plek is nie ver van my huis af nie. Hulle sê toe dis in Pretoria by Tukkies [die Universiteit van Pretoria]!”
Die oefengroep is toe al die vorige dag Joburg toe.“Omdat hulle nie kon deurkom na my toe op my foon nie, kon hulle nie vir my ’n vliegkaartjie bespreek nie.”
Daar is vinnig planne beraam om hom in Pretoria te kry. Hy’t nie twee keer gedink toe hulle vra of hy so gou as moontlik sy tasse kon pak en op ’n vlug Johannesburg toe kon spring nie. Toe hy daar land, moes hy inderhaas die Gautrein vat tot by Hatfield-stasie in Pretoria.
Daar het hy sy ding gedoen op die netbalbaan. En toe sy naam ’n dag later uitgeroep word toe hulle die span aankondig, was hy geskok.“Ek was sprakeloos. Dit was so overwhelming. Ek het regtig nie gegaan met die hoop om in die SA span te wees nie. Net om gesien te wees en deel te wees van die oefengroep omdat my potensiaal raakgesien is, was meer as genoeg vir my.”
En daar stap hy toe twee maande later weg met ’n goue medalje by die Africa Netball Cup vir mans in Botswana, ná hulle Zimbabwe met 45-40 in die finals geklop het.“Die Africa-toernooi was ’n fantastiese ervaring. Ons (die SA mansnetbalspan) het tydens dié toernooi ’n broederskap gevorm wat niks of niemand kan breek nie.”
Hy vertel hy was amper in trane van blydskap toe hy sy medalje ontvang het. “Om daar te staan en ’n goue medalje te ontvang . . . Wow! Dit was een van die beste gevoelens wat ek in my lewe gehad het. Al die kuiers en familietye wat ek opgeoffer het, het vrugte afgewerp.”
RODERICK