VRA DR. JOLENE
Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
Ozempicteendierolle? Vraag WERK DIÉ‘TEEN-VET’-PIL?
Ek is ’n 41-jarige vrou wat die afgelope ruk gewig opgetel het. Ek het geen kwale nie, maar die ekstra gewig veroorsaak dat my knieë en rug pyn. Ek hoor al hoe meer van die middel Ozempic wat mense gebruik om gewig te verloor. Wat presies ís dit? Kan ek dit gebruik vir gewigsverlies, en is daar enige side-effects? MAGDA
Antwoord BESTE MAGDA
Ozempic se aktiewe bestanddeel, semagalutide, boots die natuurlike hormoon GLP1 na. Dié hormoon word deur die dermkanaal vrygestel en stimuleer die pankreas om insulien vry te stel en bloedsuikervlakke te reguleer. Ozempic is aanvanklik ontwikkel om Tipe 2-diabetes te behandel. Dit help die pankreas om meer insulien te vervaardig. Dié hormoon omskep glukose (’n tipe suiker) in energie en verlaag só pasiënte se bloedsuikervlakke. Di Dié afname word vero veroorsaak deur die ho hormoon GLP1 na te boots. Dit verbeter ook die groei van die beta-selle in die pankreas, wat verantwoordelik is v vir insulienvervaard diging en vrystelling. Dit inhibeer ook die produ produksie van glukagoon, wat glikogenolise (die vrystelling van gestoorde koolhidrate uit die lewer) en glukoneogenese (die vorming van glukose uit nie-koolhidrate) verhoog.
Dit laat jou minder eet deur jou eetlus te demp en vertering te vertraag. Só help dit om liggaamsvet te verminder. GLP1 sê ook vir die brein dat jy genoeg geëet het, so jy voel voller vir langer tussen maaltye.
WERK DITVIR GEWIGSVERLIES? Ozempic bring gewigsverlies,‘n kleiner aptyt en‘n afname in liggaamsvetpersentasie mee. Dis egter nie plaaslik vir gewigsverlies geregistreer nie, maar eerder vir: •
ongekontroleerde Tipe 2-diabetes in volwassenes (mét ’n gesonde dieet en oefening daarby); •
om die risiko te verminder vir kardiovaskulêre komplikasies (soos kardiovaskulêre sterfte, hartaanvalle en beroerte); en •
vir Tipe 2-diabete met ’n geskiedenis van kardiovaskulêre siektes.
Dit moes dus nié as‘n gewigsverliesmiddel gebruik word nie, en ook nie deur kinders jonger as 18 jaar nie.
VERMY DIT STRENG IN DIÉ GEVALLE: Hipersensitiwiteit vir enige van die aktiewe bestanddele in Ozempic; persoonlike of familiegeskiedenis van medullêre (murgagtige) skildklier; in pasiënte met veelvuldige endokriene neoplasie (onbeheerste, abnormale groei van weefsel of selle) tipe 2; tydens swangerskap, en as jy borsvoed.
DIE NEWE-EFFEKTE
Die algemeeste newe-effekte (wat basies elke liggaamsisteem kan aantas) sluit in: •
Sentrale senuweestelsel – kan duiseligheid, disgeusie (versteuring van die smaaksintuig) en moegheid veroorsaak. •
Kardiovaskulêre stelsel – kan lei tot ’n verhoogde harttempo. •
Spysverteringstel – die algemeenste effekte is naarheid, braking en diarree. Dit kan ook hardlywigheid, maagpyn, slegte spysvertering, sooibrand, winde en die meer ernstige akute pankreatitis (ontsteking van die pankreas) insluit. •
Galblaas – dit kan lei tot galstene. •
Endokriene en metaboliese stelsels – indien ’n oordosis gebruik word of dit met ander insulien-middels of anti-diabetiese tablette gebruik word, kan dit hipoglukemie (lae bloedsuiker) veroorsaak. •
Vel en subkutane weefsel –‘n hipersensitiewe reaksie kan lei tot skielike, ernstige swelling van die vel se dieper lae, wat soms met pyn en‘n gejeuk gepaardgaan. Dit kan ook infeksie veroorsaak in en om waar daar ingespuit word (as dieselfde area gereeld gebruik word). Dit kan ook ernstige allergiese reaksie en veluitslag veroorsaak as jy allergies is vir enige van die bestanddele in Ozempic. •
Sensoriese aantasting – dit kan verandering in sig en dowwe visie veroorsaak, en dit kan ook diabetiese retinopatie (sigverlies) – ’n komplikasie van diabetes wat die oë aantas – vererger.
DIE PADVORENTOE
Gesonde gewigsverlies begin met ’n gesonde eetplan en matige oefening soos stap, trappe klim of swem. Raadpleeg jou dokter voor jy begin oefen en vra vir ’n verwysing na ’n dieetkundige vir ’n eetplan wat jou ouderdom, leefstyl, gesondheidstatus en omstandighede sal pas.