HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!
Ek kan my absoluut niks erger voorstel as ouer nie: Die een oomblik groet jy nog jou kind met hul vertrek na 'n skoolkamp, en die volgende dag kry jy die skoknuus dat die bus waarin jou kind en ander leerders gereis het, in 'n ongeluk was.
Ses kinders is dood. Die angs en paniek wat al die betrokke ouers van die Hoërskool Riebeeckstad inWelkom in dieVrystaat moes voel in dié angsoomblikke, kan ek my nie indink nie. Daai pyn en hartseer wanneer jy jou kind se liggaam in 'n lykshuis ontdek . . .
Ses graad 8-skoolmeisies se lewe is tragies kortgeknip in dié busramp, etlike is beseer en hul geliefdes, die skool en gemeenskap is in rou gedompel. Op bladsy 10 deel ons van hul laaste oomblikke voor die treurspel hom afgespeel het.
In dié uitgawe vertel ons ook die verhaal vanNazeemKadervandieKaapwatop die bloedjong ouderdom van sewe al albei sy ouers én pleegma verloor het (bladsy 12). So jonk, en soveel verlies.Toe, laas jaar, is daar nóg 'n slag: Hy word met limfoblastiese leukemie gediagnoseer. Maar klein Nazeemvegdapperenmoedigvoortmet sy pleegpa, Loeftie Salie, aan sy sy . . .
Ons kan nie altyd die toekoms voorspel nie, maar ons kan voorsorg tref om seker te maak ons tyd op aarde met ons hartsmense word nie onnodig gouer kortgeknip as wat dit moet nie. Op bladsy 40 deel ons die mediese toetse wat jy in elke ouderdomsfase moet doen. Dis belangrik, en kan jou lewe red.
Die lewe is soms so gejaagd en dol dat jy jou gesondheid en welstand afskeep. Aan die begin van die jaar maak ons mos almal daai lofty Nuwejaarsvoornemens – als van 'n paar kilo's afskud, tot gaskoeldrank wat uit is (en water wat in is), en jy wat gaan begin oefen, al is dit nou voor dieTV by die huis.
Ek moet bieg: Ek't alweer lelik van die wa afgeval. Daar is eenvoudig net nie tyd nie. Ek is so agter met van my favourite TV shows dat ek my elke keer doodskrik as ek op social media posts sien van nóg 'n geliefdeTV-karakter wat tragies tot hul einde gekom het!
Die jong Nazeem se storie het my egter net weer laat besef:Tyd is kosbaar. So, maak tyd vir jouself en jou gesondheid, en ander. Check in op mekaar. Moenie net loer na iemand seWhatsApp-status nie. Click reply.Vra hoe dit gaan.Wees dankbaar, en maak tyd en koester die mense na aan jou.
Gepraat van dankbaarheid, julle moet b beslis nie ons eerste event van die jaar m misloop nie! Kuier, in samewerking met R Radio Kaapse Kansel, bied op 28 April d die Kuier- Gospelkonsert by die Suidooste terfees in die Kaap aan, en dit beloof om g goed vir die hart en siel te wees.
Talle bekende gesigte en stemme sal o op die verhoog te sien wees.Van die
K Koortjies- aanbieder, Jonathan Rubain, tot d ds. Farren Cloete, en die sangers Anslin G Gysman en Elwira Standili gaan lesers v vermaak met 'n skouspelagtige konsert.
Maak seker jy kry jou kaartjies nou by W Webtickets, en bring sommer die hele g gesin saam en kom deel in 'n geestelike e ervaring in dankbaarh heid saam met ons.
Sien julle daar! •