FILOSAMOESAS MET KERRIEHOENDER EN RAÏTA
Lewer 10 groot samoesas
BESTANDDELE
Vulsel
1 eetlepel olyfolie 1 eetlepel botter 2 knoffelhuisies, fyngekap
5 cm-stuk vars gemmer, gerasper
1 kaneelstokkie 1 teelepel elk mosterden komynsaadjies 1 teelepel borrie 1 eetlepel roasted masala
2 teelepels tamatiepasta 4 hoenderborsfilette, in klein blokkies gesny ¼ koppie room ’n handvol vars dhanyablare, fyngekap sout, na smaak
Samoesas
5-6 velle filodeeg ¼ koppie botter, gesmelt
2 teelepels swart mosterdsaadjies (opsioneel)
Raïta ½ komkommer, fyngerasper
1 koppie plain yoghurt 1 teelepel fyn komyn
METODE
Voorverhit die oond tot 200°C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.
Vulsel
Verhit die olie en botter in ’n diep pan en stir fry die knoffel en gemmer tot sag.
Voeg die speserye by en stir fry tot geurig.
Roer die tamatiepasta en hoender by en stir fry tot die hoender gaar is.
Giet die room by en laat oor ’n lae hitte prut tot die mengsel amper heeltemal drooggebraai is.
Roer die dhanyablare deur en geur met die sout. Skep uit en hou eenkant om af te koel.
Samoesas
Halveer die velle deeg in die lengte af.
Skep ’n opgehoopte lepel vulsel in die hoek van een van die velle deeg.
Verf van die botter om die kante en vou oor in ’n driehoek. Hou aan vou tot heel bo, en seël dan die punte met nog botter.
Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
Verf die samoesas bo-op met die botter en besprinkel met die mosterdsaadjies, indien gebruik.
Pak die samoesas op die bereide bakplaat en bak vir 15-20 minute of tot goudbruin en bros.
Raïta
Meng die bestanddele goed en sit voor saam met die samoesas.