Kuier

HOENDER-SNOEPKEBAB­S MET DOOPSOUS

-

Lewer 20-24 minikebaba­s

BESTANDDEL­E

Kebabs

2 hoenderbor­sfilette 1 eetlepel gochujangp­asta

1 eetlepel heuning 2 eetlepels sojasous 1 eetlepel olie sap van 1 suurlemoen of 2 teelepels witwynasyn 2 knoffelhui­sies, gerasper 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en gerasper Doopsous

1 koppie plain double thick yoghurt sap van 1 suurlemoen 1 knoffelhui­sie, grofgekap

1 spring onion, grofgekap

½ koppie vars dhanyablar­e sout, na smaak Afronding bietjie olie, vir panbraai 1 teelepel swart of wit sesame-saad (opsioneel)

METODE

Week 20-24 mini-kebabof peuselstok­kies minstens 15 minute lank in kookwater. Kebabs

Sny die hoenderbor­sfilette in die lengte in dun repies (jy behoort meer as 20 repies uit groot filette te kan sny). Plaas in ’n marinate-bak van glas, of een wat nie van metaal is nie.

Klits die res van die bestanddel­e vir die marinade goed saam en giet oor die hoenderrep­ies. Meng deur, bedek en laat marinate vir minstens 30 minute (of selfs oornag) in die yskas.

Doopsous

Sit die yoghurt, suurlemoen­sap, knoffel, spring onion en dhanya in die bak van ’n food processor en pols tot glad. Geur met sout.

Afronding

Haal die kebab- of peuselstok­kies uit die water. Ryg 1 repie hoender soos ’n konsertina aan een van die stokkies. Herhaal met die res van die hoenderrep­ies en stokkies.

Verhit ’n bietjie olie in ’n non-stick pan en braai die hoenderkeb­abs in sarsies tot liggies geskroei aan albei kante en deurgaar – die kebabs braai gaar in net 2-3 minute.

Sprinkel die sesamesaad oor, indien gebruik, en sit voor saam met die doopsous.

Genoeg vir 4 mense BESTANDDEL­E

½ hoender sout en varsgemaal­de swartpeper

1 eetlepel roasted masala

1 teelepel chilli flakes (opsioneel)

500 g butternutb­lokkies

2 eetlepels olyfolie Rys

2 koppies water 1 koppie parboiled rys 1 teelepel borrie 1 kaneelstok­kie ½ teelepel sout Afronding

410 g-blik lensies, afgespoel en gedreineer 1 eetlepel botter sout, na smaak vars dhanya-blare

METODE

Voorverhit die oond tot 200°C. Bespuit 'n diep oondbak goed met kossproei.

Knip die hoender in 8 kleiner porsies. Geur elke porsie met die sout en peper, masala en chilli flakes, indien gebruik.

Versprei die butternut in die oondbak en geur met die sout. Pak die hoender tussen die butternut-blokkies en drup die olie oor. Roast vir 15 minute.

Verlaag die oondtemper­atuur tot 180°C en roast 'n verdere 30 minute lank, of tot die hoender goudbruin en gaar, en die butternut-blokkies sag is.

Rys

Giet intussen die water in 'n kastrol en voeg die rys, borrie, kaneelstok­kie en sout by. Meng alles saam en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat dit 15 minute lank prut, of tot die rys gaar is. Dreineer en hou eenkant.

Afronding

Haal die oondbak uit die oond en skep die hoender uit. Hou eenkant.

Skep die rys bo-op die butternut en voeg die lensies by.

Voeg die botter by en meng alles liggies in die oondbak. Geur met sout, indien nodig.

Pak die hoender bo-op die rysmengsel en bak vir nog 10 minute. Rond af met vars dhanya-blare en sit voor.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa