Kuier

HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!

- Cara EDITOR@KUIER.CO.ZA •

Die Kaapse aktrise Jill Levenberg is een van daai mense in die plaaslike vermaakbed­ryf wat ek bewonder vir haar toneelspee­ltalent.

As daai note van die Suidooster-temaliedji­e saans wegtrek en sy op die skerm verskyn en in die skoene klim van die geliefde Mymoena Samsodien, voer sy jou weg na die fiktiewe Ruiterbosc­h en kan jy nie wegkyk van die skerm nie.

Sy kwyt haar só goed van haar taak dat dit byna moeilik is as kyker om Jill en haar karakter van mekaar te skei. Só is dit ook met enige karakter wat sy speel.

Jill gee haar aanhangers gereeld 'n kykie in haar lewe op TikTok en Instagram. Dis juis daar waar ek onlangs 'n video van haar en haar ma, Carol, raakge-scroll het.

Die 76-jarige Carol raak by die dag ál broser met dié dat sy in die beginstadi­um van demensie is. In die video dans ma en dogter saam, en die caption daarby wys hul hegte band.

Jill vang gereeld hul spesiale oomblikke vas en deel dit met haar aanhangers op social media. Ek wonder toe: Sal dit nie special wees om dié besonderse ma-endogter-band tussen Jill en Carol op kamera vas te vang as deel van ons Moedersdag­uitgawe nie?

Die versoek is deurgestuu­r, en Jill en Carol het ingestem. Die voorblad-shoot is gereël en die Woensdagmi­ddag daag ek toe op voor Jill se drumpel.

Dit was die eerste keer dat ons ontmoet en van die oomblik wat 'n mens jou voet by dié aktrise se deur insit, oorrompel sy jou met haar gasvryheid – en net as mens ook.

Tee en koffie en eetgoed is uitgesit vir die Kuier-span en daar is land en sand gesels en sommer baie gelag, soveel só dat die shoot meer as 'n uur oor die verwagte tyd geloop het.

Antie Carol was onder grappe en het ons laat skater met haar sêgoed. En Jill se vierpotige kind, Gabby, het ook elke nou en dan kom inloer om te sien waaroor al die bohaai gaan.

Die onderhoud met Jill is rou en eerlik. Sy en haar ma was nie altyd so close nie, onthul sy (bladsy 8). Hulle moes oor die jare stormsterk­winde trotseer, maar hulle het gewerk aan hul verhouding en vrede gevind. Hul band is nou onbreekbaa­r. Dit was vir my so mooi om dié band tussen ma en dogter te beleef.

Jill was in 'n oogwink daar wanneer haar ma iets nodig gehad het. Toe Carol op 'n kol per ongeluk ietsie op die vloer mors, was Jill mop in die hand daar om skoon te maak – in haar wynrooi rok en hakke vir die shoot – én sy't ons sommer ook mop in die hand vermaak met 'n monologue in 'n Amerikaans­e aksent, kompleet soos 'n housewife uit die 1950's.

Hul voorbladst­orie het 'n les vir ieder en elk, of jy nou 'n ma in jou lewe het, een verloor het, of 'n omgeemens het wat dié rol in jou lewe vervul. Ek is nog gelukkig genoeg om my ma in my lewe te hê. Maar nie almal is so gelukkig nie . . .

En as jy dié spesiaalst­e van vroue in jou lewe hierdie Moedersdag wil bederf, maar nog kopkrap oor presies hoe, het ons lekker idees – van heerlike eetgoed (bladsy 24) tot geskenkies (bladsy 30).

Lekker lees!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa