Kuier

BOODSKAPPE

-

“’n ‘Gangstar’ duisend!”, 11 April Lamees Petersen, jy kan voorwaar trots wees op jouself en jou kinders op hul mamma. As jou hart op die regte plek is, kan jy alles vermag. Ek hoop daar is ander wat jou voorbeeld sal volg. EDNA BOTHA

Ek het nie geweet van Gangstar Café se goeie werk nie. Ek is bly ek het hulle een oggend ondersteun toe ek my ontbyt by die huis vergeet het. MARLENA SLAVERSE

As eienaar van 'n besigheid sal ek ook sulke persone 'n kans gee om te rehabilite­er, want 'n mens kán verander. Gryp net sulke kanse aan en volhard. Die Here is goed en Hy sal voorsien. BLAAR THERON

“Skool toe met outisme”, 11 April

Ek het 'n seun op die outisme-spektrum en dis baie moeilik. Hy kan nie by 'n hoofstroom­skool inpas nie en elke liewe dag is daar klagtes. Dis emosioneel uitputtend op jou as ouer. COREEN MOOS GENNIKE

“Proteïenaa­nvullings kos amper my lewe”, 11 April

My seun het ook duskant die dood omgedraai hiermee. Hy was verskrikli­k moeg en bloedtoets­e het gewys sy niere is in gevaar. Hy het dadelik opgehou en volkome herstel. Dis gif en duisende mense gebruik dit vir gym.

LETITIA WILLEMSE

“Nicky en die boontjiera­nk”, 25 April Wow, wat 'n inspirasie is jy, Nicky Jafta! Welgedaan! Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.

CHRISTAL ELDREDENE HERMANS

Ek is trots op jou, Nicky, want ek weet van so baie wat net daai geld uitdrink. Dit is min, maar jy kan jou toekoms met dit bou. R350 kan jou lewe verander. WENTZEL VAN NEEL

Dit wys net weer hoe 'n mens met so min 'n empire kan bou! Hou so aan! BEATRICE WELKOM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa