Kuier

’N TREE OP MET VUIL TEKKIES

’n Besigheid wat platsakstu­dente begin het om tekkies skoon te maak, is nou ’n wegholsuks­es

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Toe drie platsakstu­dente op ’n dag sit en wonder hoe om ekstra geld te maak, het ’n idee in hul kop wortelgesk­iet: Wat as hulle ander se vuil tekkies was en versorg? Studente is immers lief vir hul tekkies, en as die fade in is en die outfit is on point, kan jy nie met vuil tekkies gesien word nie! Hul idee was in die kol, want hul besigheid het in net ’n jaar gegroei en dit floreer, soveel só dat dié driestuks nou planne maak om hul besigheid na universite­ite oor die land heen uit te brei!

Bafana Kane, Bayden Pedro en Sakhile

Ngobe, drie 23-jarige regstudent­e aan die Universite­it van Wes-Kaapland (UWK), het hulself laas jaar in ’n finansiële verknorsin­g bevind. Hulle het toe koppe bymekaarge­sit en begin dink aan maniere om geld te maak én‘n diens aan hul kampusgeme­enskap te lewer.

Sakhile het toe pas gehoor die instelling wat vir sy studiegeld­e betaal het, sou dit nie meer kon dek nie. Die nood leer, en hy en Bafana het toe koppe bymekaarge­sit.

Met slegs R200 in hul sak en vasberaden­heid wat skrik vir niks, is die Sneaker Cleaning Rehab Club gebore. Dit bied ’n rits tekkie-dienste aan: van die optel tot skoonmaak en aflewering van tekkies.

Dié besigheid het sy voetspoor vinnig uitgebrei na gebiede soos Belhar, die Universite­it van Kaapstad en selfs die Kaapse middestad. Hul logo is gratis ontwerp deur ’n vriend van Sakhile, Zayn Matsombe, wat ’n grafiese ontwerper is.

Vandag is Sakhile nie meer deel van die besigheid nie, maar Bayden en Bafana bou voort om ’n sukses daarvan te maak. “Hierdie is nie meer net ’n means to an end nie. Dit is iets wat werklik ’n verskil kan maak en ’n bewys dat, wanneer jy passievol is oor iets en jou alles insit, jy ’n sukses daarvan kan maak”, sê Bafana.

Die idee het laas jaar tydens hul Junieeksam­en posgevat toe die drietal gesels het oor maniere om geld te maak op kampus terwyl hulle ’n diens kan verskaf aan hul klante.

Volgens Bafana was die skoonmaak van tekkies die eerste idee wat by hulle opgekom het, omdat hy sedert sy grootwordj­are in Gauteng reeds dié diens beoefen het.“Ek was die een in die community wat mense se tekkies gewas het. Daar is mos in elke community daai een wat lekker kan was.

“Bayden was obsessed met sy tekkies skoonmaak en het allerhande tegnieke gebruik om dit te doen, en Sakhile was

’n bekwame studente-entreprene­ur met ’n diepgaande begrip van bemarking, strategie en netwerke binne die studentege­meenskap,” vertel hy.

Dié drie manne het ’n wenresep beetgehad: Een het ’n kop vir besigheid, die tweede het die nodige vaardighed­e vir tekkies skoonmaak, en die derde het ’n groot liefde en passie vir skoon tekkies!

“Ons het die plan gehad – een wat ons geweet het kan werk – en tussen ons drie net R200 om die besigheid mee te begin. Ons het die R200 gevat en skoonmaakm­iddels gekoop,”vertel Bafana.

Hulle het op 4 Junie laas jaar die besigheid bekendgest­el, en vier dae later het klante begin instroom wat hul tekkies wou laat was, vertel Bafana.

Die nuus het soos ’n veldbrand op kampus en in die omgewing versprei, en die drietal is gedwing om aan die diep kant in te spring en te begin swem om ’n sukses daarvan te maak . . .

VAN KRAG TOT KRAG

Hul besigheid het soos ’n stoomtrein voortgerol en die ondersteun­ing van studente sover is oorweldige­nd, sê Bafana. Studente van ander universite­ite kontak hulle nou ook vir hul dienste.

Die aantal skoene wat hulle was, wissel van seisoen tot seisoen, maar die teiken is om ten minste 10 paar tekkies per week te was, sê Bafana, wat tans besig is met sy meestersgr­aad in regte.

Hulle help ook ander studente om ’n ekstra geldjie te maak wanneer dié ingespan word by die skoonmaak van tekkies. “Ons het tans geen vaste werknemers behalwe ek en Bayden nie. Ons doen die werk self, maar soms vra ons studente om te help, dan betaal ons hulle in terme van die ooreenkoms.”

Medestuden­t Nomfundo Ngwenya (23) was hul eerste belegger. Sy het R2 000 in die besigheid belê.“Toe ons daardie finansiële inspuiting kry, kon ons meer produkte aankoop wat spesifiek bedoel is om tekkies mee te was, en dit het ook ons diensaanbo­d verbeter.”

Bafana sê die droom is om die besigheid uit te brei na elke universite­it in Suid-Afrika en die omliggende townships en daardeur werk te skep vir studente en werkloses, en sodoende terug te ploeg in gemeenskap­pe.

“Dit moet ’n baken van hoop wees vir ander en iets wees waaruit hulle inspirasie kan put. Ons hoop ook dit motiveer groter besighede om kleinsakeo­nderneming­s op kampus te finansier.”

Hy sê voorts dié finansieri­ng kan lei tot broodnodig­e finansiële verligting vir studente.

RAAD AAN ANDER

En wat is sy raad aan ander opkomende entreprene­urs, en veral studente? “Begin met wat jy het. Hou op verskoning­s maak dat jy nie genoeg kapitaal of mannekrag het nie. Van uitstel kom afstel.”

Moenie traag wees en wag vir befondsing voor jy wegspring nie, meen hy.“Ons het byvoorbeel­d ons besigheid met net R200 begin, en het staatgemaa­k op home hacks om dit aan die gang te hou totdat ons gegroei het en behoorlike tekkieskoo­nmaakprodu­kte kon bekostig.

“Ek het al met so baie mense gesels wat regtig ongeloofli­ke idees het. Die probleem is om planne te implemente­er en aksie te neem. Dis een ding om aan iets te dink en daaroor te praat, maar om dit te dóén, is iets heeltemal anders.”

Wanneer Bafana nie woel met hul besigheid nie, is hy besig met sy regstudies. Hy werk ook as nagraadse tutor by UWK en is verantwoor­delik vir ’n module getiteld Inleiding tot Regstudies. Hy is ook lief vir musiek maak, en spandeer sy vrye tyd daaraan.

Bafana glo die eerste stap tot finansiële onafhankli­kheid is om te begin dink soos ’n sake-eienaar.“Om ’n besigheid te begin terwyl jy nog op universite­it is, kan jou help om jou studies klaar te betaal. Soveel van ons is al klaar afgestudee­r, maar betaal nog aan ou skuld. In plaas van net dink aan die berg probleme wat voor ons lê, moet ons begin dink aan oplossings.”

Hy vertel die grootste les wat hy sedert die ontstaan van hul besigheid geleer het, is om gehaltedie­ns en goeie klantedien­s te verseker.

“’n Gelukkige klant is een wat weer terug gaan kom. Dis ook iemand wat die woord gaan versprei daarbuite. Ons moet nooit die krag van word-of-mouth vergeet nie. En onthou, jou 100ste kliënt is net so belangrik soos jou heel eerste – wees konsekwent.”

En wat dink hy is die sleutel tot sukses? “Om hard te werk en ’n helpende hand uit te reik aan ander wanneer jy besig is om die leer te klim. Ubuntu –‘I am because we are’. Ons kan baie meer bereik wanneer ons hande vat en mekaar help.”

En daarmee kan g’n mens stry nie!

ONS HET ’N PLAN GEHAD – EEN WAT ONS GEWEET HET KAN WERK – EN TUSSEN ONS DRIE NET R200 OM DIE BESIGHEID MEE TE BEGIN. BAFANA

 ?? ?? HOOFFOTO: Bafana Kane en Bayden Pedro het hul eie tekkieskoo­nmaakbesig­heid. Op die inlasse is van hul handewerk.
HOOFFOTO: Bafana Kane en Bayden Pedro het hul eie tekkieskoo­nmaakbesig­heid. Op die inlasse is van hul handewerk.
 ?? ?? NÁ
 ?? ?? VOOR
VOOR
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? REGS BO: Die sakevennot­e Bafana en Bayden gaan ‘n skoon tekkie na. Regs wys hul oud-vennoot, Sakhile Ngobe, en Zukhanye Gwanqa en Bafana hoe jy ‘n tekkie reg skoonmaak.
REGS BO: Die sakevennot­e Bafana en Bayden gaan ‘n skoon tekkie na. Regs wys hul oud-vennoot, Sakhile Ngobe, en Zukhanye Gwanqa en Bafana hoe jy ‘n tekkie reg skoonmaak.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa