Kuier

BABY REINDEER

Almal gons oor dié reeks waarin ’n man erg onder ’n stalker deurloop

-

WAAROOR GAAN DIT?

Daar is 'n rede hoekom dié nuwe Netflixree­ks bo-aan dié stroomdien­s se mees gekykte lys boer. As jy nog nie dié donker komediedra­ma gekyk het nie, sal ons sterk aanraai dat jy dit op jou kyklys voeg.

Martha (Jessica Gunning) stap eendag by 'n kroeg in waar die kroegman en aspirant-komediant Donny (Richard Gadd) werk. Sy lyk af en hy bied vir haar 'n gratis koppie tee aan. Dié vriendelik­e gebaar ontketen dan 'n jarelange obsessie wat Martha met Donny begin, wat haar tot die uiterste dryf.

Dink 100'e e-posse – net op één dag! – en oproepe, SMS'e . . . Sy kom sit vir ure op 'n slag in die kroeg en bestel net 'n Diet Coke, en love-bomb hom. Mettertyd rafel Martha al meer uit en raak gewelddadi­g teenoor Donny se naastes en dié wat dit waag om ogies te maak vir haar“Baby Reindeer”– 'n bynaam wat sy hom gee.

Die sewe episodes gaan jou geboei hou, en jip, jy gaan dit dalk wil binge.

VREEMDER AS FIKSIE

Dié reeks is op ware gebeure gegrond. En die een wat in die regte lewe ge-stalk is, is niemand anders nie as Richard (34) self, die ster van die reeks.

Hy het die reeks geskep. Dis geïnspiree­r deur twee van dié Skotse skrywer en komediant se verhoogpro­duksies, wat elk gaan oor 'n trauma wat hy beleef het.

Die eerste een, Monkey See Monkey Do, het hy in 2016 geskryf. Dié eenmanvert­oning gaan oor sy persoonlik­e vertelling van hoe hy verkrag is deur 'n manipulere­nde ouer man wat hy vroeër in sy loopbaan ontmoet het. Dit het daardie jaar die Edinburgh-komedietoe­kenning gewen.

Baby Reindeer is ook gegrond op sy tweede eenmanvert­oning wat drie jaar later op die planke was, oor 'n vrou wat hom in werklikhei­d ge-stalk het.

Vir die Netflix-reeks is die name van die mense en ander details verander. Richard speel byvoorbeel­d die hoofrol, maar sy karakter se naam is Donny, en die tydlyn en van die gebeure is effe aangepas vir “dramatiese klimakse”, sê hy.“Dis baie emosioneel waar, natuurlik: Ek was erg gestalk en mishandel. Maar ons wou dit laat bestaan in die sfeer van kuns, en ook die mense beskerm op wie dit gegrond is.”

En kykers hou duidelik van die eindproduk, want op die resensiewe­bwerf Rotten Tomatoes het Baby Reindeer 'n perfekte 100% gekry, wat raar is.

UITSTAANVE­RTONING

Jessica (38) kry groot lof vir haar spel as Martha.“Ek dink dis die emosionele eerlikheid van die program waarmee mense connect,” sê dié Britse aktrise vir die tydskrif Glamour.

“Dis 'n verslawing om 'n obsessie te hê en verlief op iemand te wees. Ek het my verbeel sy gaan huis toe en dagdroom oor daardie connection­s wat hulle gehad het, en bou dit in haar verbeeldin­g op tot meer as wat dit werklik is. En dís hoe dit begin sneeubal.”

Richard het nog nooit die ware identiteit van sy stalker bekendgema­ak nie, so hoe voel Jessica oor mense wat aanlyn die ware Martha se identiteit probeer oopvlek?“Ek sou mense aanraai om dit nié te doen nie. As dit sou gebeur, sou dit 'n jammerte wees, want dit sal wys hulle het nie die reeks behoorlik gekyk nie. Dis in elk geval nie die punt daarvan nie. Netflix en Richard het vir 'n rede tot uiterstes gegaan om te verseker identiteit­e word beskerm.”

Richard werk gereeld met 'n liefdadigh­eidsorgani­sasie genaamd We Are Survivors. “Soms praat ek met manlike survivors en ek is nie 'n raadgewer of profession­eel nie, maar die eerste raad is: breek die stilte. Praat met iemand, en as dít te scary is, skryf dit neer, verwerk dit in iets. Want ek dink hoe meer jy dit uitlaat, hoe kleiner raak dit.”

BESKIKBAAR OP NETFLIX

 ?? ??
 ?? ?? HOOFFOTO EN ONDER: Richard Gadd en Jessica Gunning het die tonge los oor Baby Reindeer, 'n boeiende donker komediedra­ma oor 'n bartender wat ge-stalk word.
HOOFFOTO EN ONDER: Richard Gadd en Jessica Gunning het die tonge los oor Baby Reindeer, 'n boeiende donker komediedra­ma oor 'n bartender wat ge-stalk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa