Oudtshoorn Courant

Huis brand bo kinders se koppe

Die twee verdagtes wat in verband met die sogenaamde weermagmoo­rd in hegtenis geneem is, het nog nie borgtog gekry nie. Lees die berig oor hulle jongste hofverskyn­ing op bladsy 3.

- HANNES VISSER

Die boonste verdieping van ‘n huis het aan die brand geslaan terwyl ‘n groepie kinders salig onbewus van die brand, in die sitkamer gesit en televisie kyk het. Die brand het verlede Donderdagm­iddag in een van die slaapkamer­s van die huis in Derdelaan in Bongolethu uitgebreek. Ongeveer vyf kinders tussen die ouderdom van drie en 16 was alleen tuis. Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant was bure besig om te skarrel om die laaste huisraad uit die onderste verdiepein­g te dra terwyl die polisie nuuskierig­es op ‘n afstand gehou het. Die brandweer kon daarin slaag om die brand te blus voordat dit na die onderste verdieping versprei.

Volgens die inwoner, Jennifer McClean, was sy in George om haar siek suster te ondersteun toe die brand by haar huis uitgebreek het.

“Die kinders was alleen by die huis toe die bure gesien het daar is rook en vlamme by die boonste vensters. Hulle het die kinders geroep om uit die huis uit te kom,” het sy Maandag gesê. “Ek het nie van die brand geweet nie, eers toe ek by die huis kom het ek gesien die helfte van ons huis is weg.”

Volgens die oudste kind, ‘n meisie van 16, was daar niemand in die boonste verdieping nie. “Ons het almal gesit en TV kyk, toe die mense van oorkant die pad ingehardlo­op kom en skreeu ‘Julle kyk TV en julle huis brand af’. Ek het net die kleintjies gegryp en uitgehardl­oop. Toe sien ek die hele huis brand.”

Bure het daarin geslaag om al die huisraad uit die onderste verdieping te red, maar kon weens die vlamme niks uit die boonste verdieping haal nie. Drie slaapkamer­s en ‘n badkamer is in puin gelê.

Volgens McClean het die huis aan haar ma wat verlede jaar oorlede is, behoort

“Ek pas die huis op en ons het nie versekerin­g nie. Ek weet nie hoe ons die huis gaan regmaak en wat gaan gebeur as dit reën nie. Ons gaan Kersfees sonder ‘n dak hê.”

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Rook borrel by die huis uit kort nadat die brandweer die vlamme geblus het. INLAS: Terwyl brandbestr­yders die vlamme blus ontkoppel ‘n munisipale amptenaar die kragtoevoe­r na die huis.
Foto’s: Hannes Visser Rook borrel by die huis uit kort nadat die brandweer die vlamme geblus het. INLAS: Terwyl brandbestr­yders die vlamme blus ontkoppel ‘n munisipale amptenaar die kragtoevoe­r na die huis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa