Oudtshoorn Courant

Borgtog van moordverda­gtes eers in 2018

- LIEZL VAN NIEKERK

Justice Mooi en Cabiso Klip, die twee verdagtes wat in verband met Preston Titus se moord in hegtenis geneem is, het Maandag in die landdrosho­f vir ‘n borgtogaan­soek verskyn.

Landdros Roelf Konstabel het Klip se saak tot 10 Januarie 2018 vir ‘n formele borgtogaan­soek uitgestel.

Mooi se saak was tot Dinsdag vir ‘n borgtogpro­fiel uitgestel waarna dit ook tot 10 Januarie vir ‘n formele borgtogaan­soek uitgestel is.

Soos verlede week, het die verrigting­e weer onder hewige polisiebew­aking plaasgevin­d. Die polisie het toegang tot die hof beheer en slegs 40 persone is toegelaat.

Konstabel het na Klip se eerste verskyning gevra dat toegangsbe­heer toegepas word omdat die groep wat die verrigting­e wou bywoon te groot was en die verrigting­e ontwrig het.

Adv. Benito Metembo wat vir Klip verskyn het in die voorlopige borgtogaan­soek, het Maandag gesê dat die staat hulle dokumente en vordering in die ondersoek gedeel het.

“Dit is weens inligting wat uit die dokumente kom dat ons versoek dat die saak tot Januarie uitgestel word. Dit is in belang van geregtighe­id dat die polisie sekere kwessies, wat ons nie nou in die hof gaan noem nie, eers deeglik moet ondersoek,” het Metembo gesê.

Adv. Goodman Jaxa, die hoofaankla­er wat die saak vir die staat behartig, het bevestig dat daar met die beskuldigd­es sowel as die verdedigin­g ooreengeko­m is om die saak tot volgende jaar uit te stel.

Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het hierdie week bevestig dat moontlike bewysstukk­e deur die Oudtshoorn-speurders gevind is.

Pojie wou nie bevestig of die gerugte dat dit moontlik moordwapen­s is wat gevind is, waar is nie.

“Ons kan op hierdie stadium net bevestig dat bewysstukk­e gevind is en vir forensiese ontleding weggestuur is.”

Titus se liggaam is op 2 Desember in die vroeë oggendure in sy huis by die weermagbas­is gevind. Daar was verskeie steekwonde aan sy liggaam.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? ‘n Groep mense het Maandag weer by die hof byeengekom om teen die borgtogaan­soek te betoog.
Foto: Hannes Visser ‘n Groep mense het Maandag weer by die hof byeengekom om teen die borgtogaan­soek te betoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa