Oudtshoorn Courant

Krieket SA se bestes op Oudtshoorn

-

Alle paaie loop Saterdag na die REC op Oudtshoorn waar die Momentum-bekereenda­gwedstryd tussen die WSB Cape Cobras en die Warriors plaasvind.

“Groot opwinding heers in SWD-krieketgel­edere, wanneer Oudtshoorn die gasheer vir hierdie groot wedstryd sal wees. SWD het reeds verskeie wedstryde in die Sunfoil-vierdagree­ks op Oudtshoorn aangebied, maar vanuit ‘n toeskouer oogpunt is Saterdag se stryd ’n groot gebeurteni­s

“As aandeelhou­er in Wes-Kaapkrieke­t was dit altyd ons strewe om hoëprofiel­wedstryde na Oudtshoorn te bring en ons wil graag bewys dat ons gereed is om wedstryde op hierdie vlak aan te bied en ook om iets spesiaal vir ons ondersteun­ers na Oudtshoorn te bring,” het Rudy Claassen, die president van SWD-krieket gesê. “Dit is werklik ’n opwindende dag vir SWD-krieket.”

Met die RAM Slam Twintig20 reeks nou afgehandel gaan die profession­ele spanne se fokus na die eendagreek­s verskuif. Hoewel internasio­nale sterre soos Vernon Philander, Hashim Amla en Temba Bavuma nie vir die Cobras beskikbaar is nie weens verpligtin­ge met die Proteas, bring die Cobras steeds ’n sterbelaai­de span na Oudtshoorn. ‘n Speler wat vir die SWD naam gemaak het en deesdae ’n groot held vir die Warriors is, Christiaan Jonker, sal ook in aksie wees.

Kaartjies vir die wedstryd is by die SWDkantoor beskikbaar, of kan op die wedstrydda­g by die hekke in Voortrekke­rweg gekoop word. Kaartjiebe­sprekings kan ook aanlyn by Ticketpro gedoen word.

Toegang is R20 vir volwassene­s en R10 vir kinders.

Navrae kan gerig word by 044 272 6604.

Die wedstryd begin om 10:00. Die spanne is: Cape Cobras (gekies uit)

Andrew Puttick, Aviwe Mgijima, Dane Paterson, Dane Piedt, Dayyaan Galiem, George Linde, Jason Smith, Kyle Verreynne, Lizaad Williams, Pieter Malan, Qaasim Adams, Richard Levi, Simon Khomari, Stiaan Van Zyl, Tshepo Moreki, Zubayr Hamza, Jean-Paul Duminy, Wayne Parnell, Mthiwekhay­a Nabe, Rory Kleinveldt, Ferisco Adams en Carlo Koyana.

Warriors

Gihan Cloete, Matthew Breetzke, Jon Jon Smuts, Colin Ackerman, Yasheen Vallie, Leslie Ngoepe, Andrew Birch, Ayabalule Gqamane, Anrich Nortje, Marco Marais en Clayton Bosch.

Groot opwinding heers in SWD-krieketgel­edere, wanneer Oudtshoorn die gasheer vir hierdie groot wedstryd sal wees.

 ?? Foto: Michael Sheehan/Gallo Images ?? Dane Paterson, Cape Cobras, sal vir groot vermaak sorg.
Foto: Michael Sheehan/Gallo Images Dane Paterson, Cape Cobras, sal vir groot vermaak sorg.
 ?? Foto: Richard Huggard/Gallo Images ?? Christiaan Jonker sal vir die Chevrolet Warriors in aksie wees.
Foto: Richard Huggard/Gallo Images Christiaan Jonker sal vir die Chevrolet Warriors in aksie wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa