Oudtshoorn Courant

Vier vas na plaasroof

- HANNES VISSER

Drie mense wat in Oktober na ‘n plaas buite De Rust verhuis het is Maandag deur ‘n roofvoorva­l só getraumati­seer, dat hulle oppak en die plaas ontruim.

Volgens die plaaseiena­ar (20) en sy vriendin (18) was dit hulle droom om met voëls op die stuk grond wat hulle in 2016 gekoop het te boer, maar toe het vier mans met messe hulle droom in skerwe laat spat. Uit vrees vir vergelding het hulle gevra om anoniem te bly.

Volgens die jong vrou, het haar vriend Maandagmid­dag net voor vyfuur De Rust toe gery om werkers af te laai. Sy en haar broer (26) wat met die boerdery help, het televisie gekyk toe vier mans gewapen met lang messe, die vertrek binnestorm en geld eis.

“Die een met swart klere het my opgepluk en beveel om hom te wys waar al die waardevoll­e goed is, hy het ook begin om my te betas. Twee van hulle het my broer beveel om op die bank te bly sit.” Volgens haar het hulle glo ‘n pistool vir haar broer gewys.

“Ek het net gesmeek dat hulle ons nie moet seermaak nie en moet vat wat hulle wil hê.”

Terwyl een van die rowers seker gemaak het haar broer bly op die bank, het die ander drie die huis begin plunder.

“Hulle het alles wat in die kaste was uitgegooi, hulle het selfs die inhoud van die yskas uitgegooi en het heeltyd gesê hulle soek geld.”

Een van die rowers wat in rooi geklee was, het die vrou op ‘n stadium badkamer toe gedwing waar hy haar begin soen het en daarop aangedring het dat sy hulle moet wys waar die geld en wapens was. “Ek het besef dat ek my nie moet teësit nie en het verduideli­k dat ons nie wapens of nog geld in die huis het nie.”

Volgens haar moes die vier die huis dopgehou het, want hulle het gevra waarheen die man met die bakkie gery het en wou weet of hy geld by hom het.

“Ek was bang hulle wag vir hom om terug te kom en het toe vir hulle gesê hy het niks geld by hom nie, want hy het geld vir die werkers gegee voordat hy hulle gaan aflaai het.”

Nadat die mans fietse, ‘n skootreken­aar, ‘n selfoon, kontant en juwele bymekaar gemaak het, het hulle die hasepad gekies. Hulle wou die vrou se iPhone ook steel, maar kon dit nie oopkry om die simkaart uit te haal nie en het dit agtergelaa­t. Sy kon daarin slaag om haar vriend in die hande te kry. Hy het onmiddelli­k na die De Rust-polisiesta­sie gegaan en is saam met die polisie plaas toe. Die vrou en haar broer het beskrywing­s van die aanvallers gegee en die polisie het binne ‘n uur die eerste een aangekeer. Die ander drie is Dinsdagogg­end omstreeks drieuur in die omgewing aangekeer.

Volgens kaptein Gert Fourie, bevelvoerd­er van De Rust-polisiesta­sie, het die polisie die leidrade opgevolg en ook honde ingespan om die verdagtes op te spoor.

Die vier verdagtes het Woensdag op aanklag van roof met verswarend­e omstandigh­ede in die Oudtshoorn-landdrosho­f verskyn. Twee van hulle is minderjari­g en mag nie geïdentifi­seer word nie. Die ander twee is Niklaas Witbooi en Jason Jantjies. Hulle verskyn vandag weer in die hof.

Intussen het die drie mense sedert Maandag in Mosselbaai oornag en is tans besig om die plaas te ontruim. “Ek gaan vir berading na die roof en ons gaan die plasie nou in die mark sit,” het die vrou Woensdag gesê.

Volgens haar gaan hulle voorlopig in Albertinia woon terwyl hulle planne vir die toekoms maak. Sy sê die optrede van die polisie was ongeloofli­k. “Die mense van die omgewing moet weet dat die polisie hier regtig uit hulle pad gaan om hulle werk te doen. “Hulle het die verdagtes binne ure aangekeer en ook omtrent al die gesteelde goed teruggevin­d. Hulle verdien regtig ‘n groot dankie.”

 ??  ?? Een van die vertrekke in die huis nadat die rowers dit geplunder het.
Een van die vertrekke in die huis nadat die rowers dit geplunder het.
 ?? Selfoonfot­o’s verskaf ?? Die deur waar die rowers toegang tot die huis verkry het.
Selfoonfot­o’s verskaf Die deur waar die rowers toegang tot die huis verkry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa