Oudtshoorn Courant

PA: Boorgate droog op

- CHRISTO VERMAAK

Prins Albert beleef sy ergste droogte in 100 jaar. Anneleen Vorster, korporatie­we- en gemeenskap­sdiens bestuurder by die Prins Albert-munisipali­teit, het Maandag bevestig dat uiters streng waterbeper­kings ingestel is.

Dié Karoo-dorp, wat van boorgatwat­er en ‘n paar uur se weeklikse leiwater afhanklik is, se munisipali­teit veg nou om te verhoed dat boorgate opdroog. Waterbeper­kings wat sedert Woensdag 3 Januarie van krag is, bepaal onder andere dat die ongeveer

9 000 inwoners slegs 90 liter water per dag per persoon mag gebruik. Die gebruik van tuinslange, was van motors en vul van swembadden­s met munisipale water is verbied. Wetstoepas­sers hou ‘n wakende oog oor die gebruik van water.

“Ons as munisipali­teit het ‘n omvattende bewusmakin­g s veldtog van stapel gestuur om te verhoed dat ons boorgate leegloop,” het Vorster gesê.”

Die nege boorgate lewer gesamentli­k 41 000 liter water per uur. Ten opsigte van hoe die leiwater deur die Kweekvalle­i-waterraad bestuur word, verduideli­k Vorster, “Ons kry weekliks 18 uur volstroom en twee ure halfstroom leiwaterbe­urte. ‘n Volstroom leiwaterbe­urt lewer 100 000 liter per uur. Leiwaterbe­urte is in die titelaktes van sommige erwe in Suid-End, Prins Albert, ingeskryf wat die betrokke erwe gebruiksre­g gee.” Sy sê drie kommersiël­e boere in die dorp baat ook by die beurte.

Woensdagog­gend is die invloei na die dorp se munisipale water netwerk damme toegemaak ten einde die rouwater damvlakke, wat toe op 22% gestaan het, te herstel. “Indien die rouwater damvlakke nie hoog genoeg is nie, kan ons nie water in die netwerk invoer nie. Dan bestaan die risiko dat inwoners onderbreek­te watertoevo­er mag ondervind.

“Ons is nou in die warmste maande en die feesseisoe­n lok baie besoekers. Die gebruik het toegeneem, en moet beperk word.”

Die munisipali­teit monitor daagliks die watergebru­ik. Maandag 8 Januarie was dit 85 liter per persoon in Noord-End en 293 liter per persoon in Suid-End. Vorster skryf Suid End se hoë gebruik toe aan die feit dat die meeste besighede en gastehuise daar geleë is. “Aangesien Suid-End die ekonomiese kern van Prins Albert is en baie inwoners van Noord-End ook in Suid-End werksaam is, is die berekening­e van gebruik in die gebied nie altyd “clear-cut” nie. Die owerheid is tans besig met ‘n veldtog waar ons met elke besigheid s eienaar skakel om ook sy watergebru­ik behoeftes te verifieer en op ‘n toegelate verbruik ooreen te kom.”

Die munisipali­teit doen egter sy bes om die dorp se swembad oop te hou, ten spyte van die waterbeper­kings. “Dit word deur ‘n boorgat gevoed. As die boorgat opdroog sal ons dit moet sluit. Die swembad is geleë in die area waar die gemiddelde daaglikse waterverbr­uik aan die waterbeper­kings van 90 liter per dag per persoon voldoen. Anders as wat die algemene gevoel onder dele van die gemeenskap is, het die swembad niks te doen met watertekor­te in die dorp nie.”

Vorster sê hulle is daartoe verbind om gehaltedie­ns te lewer, en om die gemeenskap sover moontlik te beskerm teen die impak van die droogte. “Ons kan dit egter nie op ons eie doen nie, die gemeenskap moet help.”

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Een van die kanale wat leiwater aan sommige dele van Prins-Albert verskaf.
Foto: Hannes Visser Een van die kanale wat leiwater aan sommige dele van Prins-Albert verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa