Oudtshoorn Courant

Ma en seun aan die brand gesteek

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Man van Dysselsdor­p, Gert Malgas, het gister (Donderdag) in die Oudtshoorn­landdrosho­f vir ‘n borgtogaan­soek verskyn na hy glo aan die begin van die jaar ‘n vrou en 7-jarige seun aan die brand gesteek het.

Hy verskyn op twee aanklagte van poging tot moord.

Josephine Jacobs en haar en Malgas se seun, Gerano, is steeds in die hospitaal na beide van hulle ernstige brandwonde tydens die voorval opgedoen het.

Volgens Patricia Jacobs (16) Josephine se dogter, was sy, haar ma, haar 12-jarige broer, Malgas en Gerano die aand van die voorval in die huis in Dysselsdor­p.

“Ek het die aand van my vakansiewe­rk af huis toe gekom en Gert het gevra waar is sy kos. Ek het vir hom gesê my ma het nie kos gemaak nie. Ek het daarna gaan lê. My 12-jarige boetie het by my op die bed kom lê. My ma en Gerano het in die ander kamer op dieselfde bed gelê. Gert het opgestaan en geskel en gesê nou gaan julle sien wat gebeur.”

Volgens Jacobs het haar broer skielik geskree en gesê Malgas is besig om olie oor Josephine en Gerano te gooi.

“Toe ek weer sien toe trek hy die vuurhoutji­e en gooi dit op my ma. Sy en my boetie het aan die brand geslaan. Gert het my ma gegryp en is met haar by die huis uit. Alles het net so skielik gebeur. Ek het na die bure, waar my ouma was, gehardloop sodat sy kan kom help. Die bure het my boetie uit die huis gaan haal. Ek en my ander boetie het nie seergekry nie.”

Leon Campher, ‘n gemeenskap­saktivis in Dysselsdor­p, het aan die Oudtshoorn

Courant gesê dat Gerano in ‘n hospitaal in Kaapstad opgeneem is.

“Hy het ernstige brandwonde opgedoen en was tot Woensdag toe aan ‘n asemhaling­smasjien gekoppel. Met my laaste oproep aan die hospitaal het die suster gesê dat dit beter gaan met hom en dat hy op sy eie kon asemhaal. Sy ma is steeds in Georgehosp­itaal. Beide van hulle se toestand is kritiek maar stabiel.”

Volgens Campher het die gesin alles in die huis verloor.

“Die mense het niks oor nie. Die gemeenskap se harte het regtig oopgegaan en die familie het ‘n paar skenkings ontvang. Daar is egter steeds ‘n paar goed wat kort.”

Enigiemand wat ‘n skenking wil maak kan Campher by 082 958 4348.

 ??  ?? Die huis in Dysselsdor­p waarin Josephine Jacobs en haar seun Gerano ernstige brandwonde opgedoen het.
Die huis in Dysselsdor­p waarin Josephine Jacobs en haar seun Gerano ernstige brandwonde opgedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa