Oudtshoorn Courant

Tref-en-trap-slagoffer sterf

- LIEZL VAN NIEKERK

Die familie van Ricardo Fourie

(43), of Carty soos hy onder sy vriende en familie bekend was, is in rou gedompel na hy Dinsdag in ‘n hospitaal in Kaapstad dood is.

Fourie was verlede Vrydag die slagoffer van ‘n tref-en-trap.

Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval in Swawellaan gebeur.

John Donson (37), is Sondag op ’n aanklag van poging tot moord in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die klag sal nou na moord verander.

Donson het reeds Maandag in die hof verskyn en die saak is na gister (Donderdag) uitgestel.

Rauweida de Villiers, Fourie se suster, het die week aan die Oudtshoorn Courant gesê dat haar broer ernstige beserings in die ongeluk opgedoen het.

“Hy het Vrydagaand in die pad gesit omdat hy warm gekry het. Soos ons verstaan het, het die bakkie aan die verkeerde kant van die pad gery en het die bestuurder met die voorwiele bo-oor my broer gery, agteruit gery en weer oor hom gery. Die bestuurder van die bakkie het weggery van die toneel af. Hy het vier nekwerwels gebreek en ernstige beserings aan sy lae rug opgedoen. Sy kop is in die ongeluk oopgekloof en sy arm is gebreek. Hy is die naweek na ‘n hospitaal in Kaapstad oorgeplaas, maar die dokters sou hom terug Georgehosp­itaal toe stuur omdat daar niks verder was wat hulle vir hom kon doen nie. Hy was van sy nek af verlam.

Volgens haar is Fourie sedert Dinsdag in ‘n koma. “My familie is inderhaas na Kaapstad om by my broer te wees, maar sy hart het gaan staan voor hulle by hom kon uitkom. Ons as familie is regtig hartseer oor my broer. Hy was ‘n geliefde mens in die gemeenskap en was vriendelik teenoor almal. Hy het nie verdien om so te sterf nie. Ons hoop dat geregtighe­id sal geskied.”

Fourie was die pa van vyf kinders tussen die ouderdomme van twee en 18 jaar oud. Hy laat ook sy vrou, ma Cathleen de Villiers, pa Nick Grootboom en twee broers en twee susters agter.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk. ?? Die toneel in Swawellaan waar ‘n voertuig oor Ricardo Fourie gery het.
Foto: Liezl van Niekerk. Die toneel in Swawellaan waar ‘n voertuig oor Ricardo Fourie gery het.
 ??  ?? Ricardo Fourie
Ricardo Fourie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa