Oudtshoorn Courant

Weermagsaa­k: Twee verdagtes weer voor

- GARNETT WICOMB

Twee sake wat in die streekhof voor wyle streekland­dros Mark van Wyngaardt gedien het moet van voor af begin na sy onverwagse dood verlede jaar.

Die saak teen twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n winkeleien­aar van Stolsvlakt­e, Frans Tredoux (75), aangerand en beroof het, is een van die sake wat in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel is. Tredoux is die oggend van 29 Mei 2017 in sy winkel met ‘n knopkierie oor die kop geslaan, met ‘n mes gesteek en van R200 kontant beroof. Hy kon weens verswakte gesondheid nie vroeër in die saak getuig nie. Die twee beskuldigd­es, Ronaldo Olkers (20) en Jacobus (Koos) Van der Ross (24), is sedert Mei verlede jaar in aanhouding nadat borgtog aan hulle geweier is. Hulle ontken skuld.

Die staatsaank­laer, Hyron Goulding, het die hof meegedeel dat ‘n nuwe klagstaat reeds voorberei is en versoek dat die saak vir verhoor van vooraf uitgestel word. Streekland­dros LA Wilkens het die saak tot 13 Februarie 2018 uitgestel.

Die tweede saak wat uitgestel is, is die saak teen twee polisiebea­mptes van Dysselsdor­p wat van moord aangekla word. Dawid Vorster (39) en Daniel Lingeveld (33) word daarvan aangekla dat hulle Frank Links op 13 Januarie 2013 aangerand het en dat hy aan sy beserings beswyk het. Albei pleit onskuldig. Links is die betrokke dag vir oproerige gedrag gearrestee­r. Verlede jaar het sers. Jessica Wentzel getuig sy het gesien hoedat die twee beskuldigd­es en konstabel August in ‘n stoeiery met die oorledene was om hom binne die aanklagkan­toor te kry. Sy het glo ook gesien hoedat Vorster en Lingeveld vir Links natspuit en dat Lingeveld hom met die vuis in die gesig slaan.

Soos met die saak teen Olkers en Van der Ross, het Hyron Goulding, gesê alle vorige hofverrigt­inge is nietig verklaar en ‘n nuwe klagstaat is voorberei. Streekland­dros LA Wilkens het die saak vir verhoor tot 22 Februarie uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa