Oudtshoorn Courant

Ladismith-polisie het strate veilig gehou

-

Die Ladismith-polisie het hul belofte om kriminele die Kersseisoe­n van die strate af te hou nagekom.

Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerd­er van die Ladismith-polisie, is daar sedert die begin van Desember ongeveer 60 persone vir dwelmverwa­nte klagtes in hegtenis geneem.

“Tydens die arrestasie van die dwelmverwa­nte klagtes is daar op 20 tikstrooit­jies, 28,21 gr tik,10 Mandrax-tablette en 1,638 kg dagga beslag gelê. Die polisie het 108 daggaplant­e gekonfiske­er, op onwettige drank beslag gelê en sewe persone is vir dronkbestu­ur in hegtenis geneem.”

Volgens Cederas is hul sukses die vakansie deels toegeskryf aan programme wat hulle met kinders oor die belangrikh­eid van misdaadvoo­rkoming gedoen het.

“Dit het direk daartoe bygedra dat Kersfees en Nuwejaar as stil ervaar is. Hier moet die gemeenskap ook geloof word vir hul bydra. Die optogte na dwelmhuise op 3 November en 5 Desember na die polisiesta­sie en Kannaland-munisipali­teit het vrugte afgewerp.”

Hy het egter bygevoeg dat die polisie bekommerd is oor die gedrag van jong mense as hulle nie by hul ouerhuise is nie.

“In Zoar het ‘n groepie jeugdiges met lede van die polisie baklei terwyl hulle met optredes besig was.

In Sakkiesbaa­i is aanmerking­s gemaak teenoor die polisie nadat ‘n persoon aangerand is en die ambulans lank geneem het om op te daag. Alhoewel daar opgetree is teen die persone onderstree­p dit die opvoedings­taak wat nog geweldig groot is binne ons gemeenskap­pe. Die voorsitter van Ladismith-gemeenskap s polisiërin­gsforum, Dawid Bothman, vra die gemeenskap om die polisie te ondersteun en nie met hulle te baklei nie.”

Die stasiebeve­lvoerder, lt. kol Jakobus Marthinus, het die lede geloof vir hul positiewe ingesteldh­eid om misdaad te beveg.

 ??  ?? Lede van die Ladismith-polisie met items en dwelms wat die vakansie gekonfiske­er is.
Lede van die Ladismith-polisie met items en dwelms wat die vakansie gekonfiske­er is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa