Oudtshoorn Courant

Klip laat vaar borgtogaan­soek

- LIEZL VAN NIEKERK

Justice Mooi en Sixabiso Klip, die twee verdagtes wat verlede jaar in verband met Preston Titus se moord in hegtenis geneem is, se borgtogaan­soek het Woensdag

‘n interessan­te wending in die landdrosho­f geneem.

Die hof was, soos die vorige kere, stampvol en die verrigting­e het weer onder streng polisiebew­aking voortgegaa­n.

Adv. Benito Metembo, wat Klip in opdrag van Clyde Avontuur verteenwoo­rdig, het Woensdagog­gend aan die hof gesê dat hy oomblikke voor die hof moes begin, deur sy kliënt in kennis gestel is dat hy sy borgtogaan­soek laat vaar.

Metembo het egter geen redes vir sy kliënt se besluit gegee nie. Eugene Roos van die Regshulpra­ad tree vir Mooi in dié saak op.

Hy het aan die hof gesê dat sy kliënt steeds van plan is om vir borgtog aansoek te doen.

Landdros Roelf Konstabel het die saak dus tot 19 Januarie vir Mooi se borgtogaan­soek uitgestel.

Volgens hom sal dit dan tot 13 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel word. Beide die verdagtes sal deurentyd saam in die hof verskyn en bly in aanhouding tot 19 Januarie.

Stafsersan­t Preston Titus se liggaam is op 2 Desember verlede jaar met verskeie steekwonde in sy huis op die weermagbas­is gevind. Hy is die man van ANC-raadslid van die Oudtshoorn-munisipali­teit en ‘n lid van die ANC se provinsial­e uitvoerend­e raad in die Wes-Kaap, Magdaleen Titus.

 ??  ?? Stafsersan­t Preston Titus
Stafsersan­t Preston Titus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa