Oudtshoorn Courant

Cape Cobras knak Warriors op Oudtshoorn

-

‘n Rekord ses paaltjies plat vir George Linde het sy span, WSB Cape Cobras, met ‘n 67 lopies bonuspunt oorwinning gelaat. Hulle het die Warriors gewen in die eerste Momentumbe­ker-eendagweds­tryd ooit op Oudtshoorn.

Die wedstryd het op 23 Desember op die Rec plaasgevin­d.

Linde het die ses paaltjies vir slegs 47 lopies in 9,1 boulbeurte laat kantel. Die Warriors is almal uitgeboul vir 175 lopies na hulle met ‘n 243 wenteiken gelaat is.

Linde se prestasie het Charl Langeveldt se vyf paaltjies vir 17 lopies, wat hy in Kaapstad in die 2009/2010-seisoen vermag het, verbeter.

In die Cape Cobras se kolfbeurt het Pieter Malan se 84 lopies (116 balle, ses viere en een ses) die bygedra tot ‘n kompeteren­de telling vir die

Warriors om te jaag. Linde se boulwerk het die Warriors egter geknak.

Wayne Parnell (34) het Malan gehelp om ‘n 72 lopies vennootska­p om die eerste paaltjie aan te teken.

‘n Verdere 72 lopies vennootska­p tussen Aviwe Mgijima (37) en Malan het die groot aantal toeskouers staande gehad, voor die Cobras se paaltjies van 160/2 in die 34ste boulbeurt op ‘n gereelde basis geval het, om hul op 242/9 te staan te bring.

Vir die Warriors was Ayabulela Gqamane sy span se bouler van die dag, toe hy drie paaltjies vir 29 lopies laat kantel het.

Dane Paterson (2/23) het die Warriors vroeg skrik op die lyf gejaag toe hy beide die aanvangsko­lwers, Matthew Breetzke (0) en Gihahn Cloete (7) terug losie toe gestuur het. Die Warriors was met die verlies van Breetzke en Cloete op 7/2.

Nog twee paaltjies wat deur Mthiwekhay­a Nabe (2/36) platgetrek is, het die Warriors behoorlik op die agtervoet gelaat. Linde het toe onder die kolwers ingeklim en die ander ses paaltjies geneem.

Die Warriors was op 36/1 almal uit.

Die wedstryd was goed bygewoon.

Die Cobras het na die wedstryd op hul Facebook-blad die toeskouers bedank vir hul ondersteun­ing.

 ?? Foto’s: Christo Vermaak ?? Wayne Parnell stuur ‘n blitsbal vir die Cobras af.
Foto’s: Christo Vermaak Wayne Parnell stuur ‘n blitsbal vir die Cobras af.
 ??  ?? Jason Smith verdedig sy paaltjie.
Jason Smith verdedig sy paaltjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa