Oudtshoorn Courant

Vyf botsingsla­goffers ter ruste gelê

- GARNETT WICOMB

Hy wou vir sy dogter net die beste gee, maar toe sterf hulle saam in ‘n motorongel­uk.

Johann Andries (34) en sy dogter, Joshey (16), alombekend as JD, het op Donderdag 22 Desember saam met Surita Botha (39) en haar twee seuns, Bentley (8) en die vyfjarige Willen in ‘n motorongel­uk tussen BeaufortWe­s en Drie Susters gesterf toe hul motor in ‘n vragmotor wat geknipmes het, vasgery het.

‘n Verdere tragedie van Johann en sy dogter se dood is dat sy vrou, Susan, in November aan ‘n seldsame siekte oorlede is.

Die vyf oorledenes was op pad na Daniëlskui­l in die Noord-Kaap toe die ongeluk gebeur het.

Andries en sy dogter is vanuit die St. Simons Anglikaans­e Kerk op Oudtshoorn begrawe terwyl Botha en haar twee seuns vanuit Rosemoor VGK begrawe is.

Johann en Surita was verbonde aan die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng op Oudtshoorn.

Volgens Johann se spanleier by die departemen­t, Farrel Pietersen, het hy so baie planne vir sy dogter gehad en was ‘n maklike persoon om mee saam te werk.

“Johann se dood laat ‘n groot leemte. Hy het almal se take vergemakli­k deur almal te wil help. Orde en dissipline was sy wagwoorde. Hy was ‘n baie intelligen­te en ‘n omgeemens wat nie bang was vir uitdagings nie,” het Pietersen gesê.

‘n Familielid, Gumaine Abrahams, het Joshey beskryf as ‘n kind wat vir oud en jonk respek getoon het. Sy was saam met haar ouers baie betrokke by haar kerk, ‘n bobaasbaks­ter en haar niggies en nefies se gunsteling.

Sy was ‘n leerder aan die Hoërskool Oudtshoorn en het verlede jaar gr. 10 geslaag. Volgens Hazel Jonker was een van Joshey se drome om eendag die kerk se orrelis te word.

Surita Botha is in huldeblyke beskryf as ‘n vrou wat vir almal omgegee het.

Chrissie Baptiste, kantoorbes­tuurder van die departemen­t op Oudtshoorn, het haar as ‘n uiters lojale en hardwerken­de maatskapli­ke werker, ‘n ware “voetewasse­r” en ‘n unieke persoon beskryf.

“Surita het in almal se harte by die departemen­t ingekruip en was ‘n vrou wat kon dans in die middel van ‘n storm.”

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Roubeklaer­s met foto’s van Johann en sy dogter Joshey tydens die begrafnis.
Foto: Garnett Wicomb Roubeklaer­s met foto’s van Johann en sy dogter Joshey tydens die begrafnis.
 ??  ?? Surita Botha
Surita Botha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa