Oudtshoorn Courant

Waterbeper­kings steeds van krag

-

Met die Koos Raubenheim­erdam se watervlak op 64%, is waterbeper­kings steeds van krag in die Oudtshoorn-munisipale bedienings­gebied.

Oudtshoorn se munisipale raad het op 4 Oktober waterbespa­ringsmaatr­eëls met onmiddelli­ke effek ingestel. Die besluit is ook geneem om strenger besparings­maatreëls in te stel, indien die dam se watervlak tot 50% daal.

Die maatreëls wat tans van krag is, is:

Die gebruik van munisipale drinkwater vir tuine, grasperke, parke en publieke oopruimtes, word beperk tot ‘n maksimum van een uur per dag, en mag slegs tussen 07:00 en 10:00 in die oggend of tussen 18:00 en 19:00 plaasvind.

Kwekerye, groentetui­ne, sportstadi­ons, gholfgras en krieketvel­de is van die beperking van een uur per dag vrygestel.

Die water van enige plantegroe­i word tussen 10:00 en 18:00 verbied en hierdie beperking geld vir almal.

Tuinslange mag nie gebruik word vir die was van motorvoert­uie en toerusting nie, sowel as die afspuit van geplaveide, beton of teeropperv­lakkes. Hierdie beperking is nie van toepassing op sakeondern­emings wie se bedryf dit noodsaak nie.

Die gebruik van drinkbare water wat uit die KKRWSS se ondergrond­se waterbronn­e afkomstig is, mag slegs gebruik word vir drink- en algemene huishoudel­ike doeleindes, insluitend lewendehaw­e.

Die gebruik van hierdie waterbron is verbode vir die besproeiin­g van plaasgrond, tuine, grasperke, parke en oop ruimtes. Die was van motorvoert­uie of toerusting en die afspuit van enige geplaveide oppervlakt­es of ander strukture is verbode.

Inwoners word aangemoedi­g om soveel moontlik van hul grys water te gebruik.

Inwoners wat van hul eie ondergrond­se water gebruik maak, moet ‘n duidelike kennisgewi­ng op die perseel met die bewoording “boorgatwat­er” vertoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa