Oudtshoorn Courant

Vrou ernstig beseer in ongeluk

- HANNES VISSER

‘n Vrou wat besig was om na Knysna te verhuis is in die hoësorgeen­heid van die Life Bay View-hospitaal nadat haar motor by Dysselsdor­p gerol het.

Zandra Brown (33) was deur Dysselsdor­p met die Kamanassie­pad na George en Knysna onderweg toe sy volgens inligting vir ‘n donkiekar uitgeswaai en beheer oor die Ford Eco Sport verloor het. Die motor het verskeie kere gerol en in die veld op sy dak te lande gekom. ‘n Inwoner wat die motor sien tol het, het die ernstig beseerde vrou te hulp gesnel.

“Ek kon sien sy het baie seergekry en haar kop was vol bloed,” het Hy Maandagogg­end op die ongeluksto­neel gesê. Brown is met ernstige beserings na die Mediclinic in Oudtshoorn geneem, maar is dadelik na Mosselbaai oorgeplaas.

Haar man, Clive, het Dinsdag gesê hy en Zandra het Saterdag in twee voertuie uit Johannesbu­rg vertrek.

“Ons het Saterdag in Kroonstad oorgeslaap en Sondag in Beaufort-Wes by vriende aangedoen. Zandra het besluit om Sondagaand by hulle te oornag, maar ek moes Knysna toe ry omdat ek Maandagogg­end daar moes begin werk.” Hy sê Zandra het hom Maandagogg­end gebel om te sê sy vertrek uit Beaufort-Wes en die volgende wat hy iets gehoor het was toe die polisie hom net na negeuur bel en van die ongeluk verwittig.

Volgens Clive het Zandra by die hospital gesê sy wou verby die donkiekar ry, maar het kinders gesien en gerem. Sy het ‘n ernstige kopbeserin­g opgedoen wat tot bloeding op die brein gelei het. Verder het sy frakture aan ‘n sleutelbee­n, een skouer en een hand. Daar is ook ‘n nekwerwel wat gekraak is. Teen Woensdag was sy nog in die hospitaal se hoësorgeen­heid.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Nuuskierig­es by die toneel nadat die beseerde bestuurder per ambulans hospitaal toe geneem is.
Foto: Hannes Visser Nuuskierig­es by die toneel nadat die beseerde bestuurder per ambulans hospitaal toe geneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa