Oudtshoorn Courant

Winskoop KKNK-kaartjies

-

Inwoners van Oudtshoorn en omliggende dorpe kry volgende week die geleenthei­d om weekkaartj­ies vir die KKNK se Kuierbuurt teen 30% goedkoper te koop. Die splinternu­we Kuierbuurt word op die sportterre­in weerskante van Vredestraa­t aangebied en vervang die vorige Rivierbuur­t.

Weekkaartj­ies wat normaalweg R255 per persoon kos, word op Maandag 22 en Dinsdag 23 Januarie teen slegs R175 aangebied. Die afslagkaar­tjies kan in die voorportaa­l van die burgersent­rum op die hoek van Voortrekke­r- en Langenhove­nweg gekoop word. Kaartjieve­rkope sal Maandag tussen 09:00 en 17:00 en Dinsdag tussen 09:00 en 14:00 plaasvind.

“Ons moedig alle Oudtshoorn­iete aan om hierdie eksklusiew­e Kuierbuurt weekkaartj­ieaanbod op een van dié twee dae te koop, om sodoende seker te maak dat hulle ál sewe feesdae kan feesvier,” sê Hugo Theart, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied.

Die nuwe Kuierbuurt, geleë op die Oudtshoorn-sportterre­in en die Vredestraa­tsportterr­ein, bied hope vermaak vir die hele gesin en is die tuiste van onder andere die Absa-kunsmark se stalletjie­s, die Huisgenoot-verhoog met topkunsten­aars en nuwe stemme wat saans vermaak onder die Klein Karoo-sterre verskaf, die Castle Lager-verhoog waar musiek deur die dag aangebied word, Liplekker se heerlike wyn en deli-produkte, ATKV-Speelbos met hope doendinge vir die jongspan, waaronder Uitkamptea­ter-produksies en ander kroeë en rusareas.

Vertonings

Die aandverton­ings (19:30) op die

Huisgenoot-verhoog, wat in die formaat van pieknieker­varings aangebied word, sluit onder meer in: Awê Kaktus (29 Maart) met Mi Casa, Spoegwolf, Mathew Mole en Majozi; kykNET – Dans op die vlaktes

(30 Maart) met Kurt Darren, Leah, Craig Lucas, Paxton, Germandt Geldenhuys, Nadia Beukes, Stephanie Baartman en nog meer; Karoonag (31 Maart) met Adam Tas, Refentse, Joshua na die Reën, Karin Kortjé, Caroline Grace en Fatman; Boontoe:

Engelstemm­e (1 April) met Jo Black, Robbie Wessels, André Terblanche, Corlea Botha, Thembeka, Kyle Seconna, Hoërskool Oudtshoorn se Ad Astra-koor en orkes, Melissa van der Spuy, Tim Rankin, Henry Steele en Schalk van der Merwe; Sterrenag

– Musiek met hart (2 April) met Jay, Leah, Pieter Koen, Willem Botha, Lee Scott en ander; en Rymklets van Oos tot Wes (3 April) met HemelBesem, Yoma, Early B, Oxijin, DJ J-EFX, Yugi Yo en MC IXA.

Feesganger­s kan hulle eie stoele en ’n kombers bring.

Kaartjieve­rkope

Volgens Theart is daar geen beperking op die aantal kaartjies wat per persoon gekoop kan word nie. “Ons hoop om alle Oudtshoorn­iete deur die loop van dié twee dae by die burgersent­rum te sien,” nooi hy.

Die feesprogra­m van die 24ste KKNK word op Maandag 22 Januarie op Oudtshoorn bekendgest­el en algemene kaartjieve­rkope open op Dinsdag 23 Januarie by Computicke­t, Shoprite / Checkers en House & Home. Die KKNK word oor Paasnaweek van Donderdag 29 Maart tot Woensdag 4 April op Oudtshoorn aangebied.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die Oudtshoorn-sportterre­in (Die Rec) is nuwe tuiste van vanjaar se KKNK Kuierbuurt.
Foto: Hannes Visser Die Oudtshoorn-sportterre­in (Die Rec) is nuwe tuiste van vanjaar se KKNK Kuierbuurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa