Oudtshoorn Courant

Padwerke loop toe dood

- HANNES VISSER

Vrese wat sedert verlede jaar geopper is dat padwerke tussen De Rust en Oudtshoorn nie na wense verloop nie, het nou waar geword.

Dit het hierdie week aan die lig gekom dat die maatskappy wat die kontrak van meer as R200 miljoen losgeslaan het so diep in die skuld gedompel is dat hulle geen hoop het om daaruit te kom nie.

NMC het op 18 Desember aansoek gedoen om toegelaat te word om in sakereddin­g in te gaan. Dit beteken dat die vooruitsig van plaaslike kontrakteu­rs om meer as R5 miljoen by NMC te kry vir die onmiddelli­ke toekoms gesneuwel het en daarmee saam die hoop dat die werk teen die einde van 2018 voltooi sal wees

Die bom rondom NMC het verlede jaar gebars toe die Oudtshoorn Courant verskeie gerugte en inligting ondersoek het en op 3 November onthul het dat NMC meer as R5 miljoen aan plaaslike subkontrak­teurs verskuldig is. Dit het daartoe gelei dat die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer NMC op kennis geplaas het dat hulle teen ‘n sekere tyd bewyse moet lewer dat hulle hul verpligtin­ge kan nakom.

NMC het in gebreke gebly om dit te doen en die departemen­t het hulle in kennis gestel dat hulle kontrak beëindig word.

In nog ‘n voorbladbe­rig op 1 Desember het die Oudtshoorn Courant oor die beëindigin­g van die kontrak berig. Op daardie stadium het NMC gesê hulle het ‘n hofaansoek gebring om die beëindigin­g teë te staan en dat hulle met hulle normale werk voortgaan. Enkele dae later het hulle egter die werk gestaak en van die perseel onttrek. (Sien

Oudtshoorn Courant 8 Desember)

Met die aanvang van die nuwe jaar is navrae oor die hofsaak en die situasie rondom die padwerke aan NMC en Byron la Hoe van die departemen­t van vervoer gestuur.

James Dow van NMC, wat verlede jaar namens hulle kommentaar gelewer het, het op die jongste navraag gesê hy kan nie meer namens sy werkgewers kommentaar lewer nie. La Hoe het gesê die hofsaak wat in Desember moes plaasvind het nie plaasgevin­d nie. Hy het egter gesê dat NMC om sakereddin­g aansoek gedoen het en dat daar op hierdie stadium geen veranderin­g aan die situasie is nie.

Dit beteken kortom dat konstruksi­ewerk aan die pad vir die volgende aantal maande botstil gaan staan. Die departemen­t sien tans toe dat die verkeersbe­heerpunte beman word.

Wat NMC se aansoek om sakereddin­g aanbetref is dit slegte nuus vir die kontrakteu­rs aan wie geld geskuld word. Volgens die aansoek wat die hoof- finansiële beampte van NMC Civils, André Vlok, op 15 Desember aan die Kommissie vir Maatskappy­e en Intellektu­ele Eiendom gerig het, skuld NMC Civils en ander maatskappy­e onder hulle sambreel bykans R170 miljoen aan skuldeiser­s asook meer as R19 miljoen aan Standard Bank.

In die stukke sê Vlok dat dit onwaarskyn­lik is dat NMC sonder die hulp van ‘n sakereddin­gspraktisy­n enige skuld sal kan delg en moontlik binne ses maande gevaar loop om insolvent verklaar te word.

Wanneer ‘n maatskappy onder sakereddin­g geplaas word kan daar geen siviele eise ingedien word nie. NMC se situasie en die hangende hofsaak beteken verder dat die departemen­t van vervoer nie in die afsienbare toekoms ‘n ander kontrakteu­r kan aanstel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa