Oudtshoorn Courant

Swembadden­s deur duisende besoek

- HANNES VISSER

Die Kerkstraat-swembad, wat vir die eerste keer in vier jaar oop is, het hierdie vakansie saam met die ander ses munisipale swembadden­s in Oudtshoorn en omgewing gesorg vir lafenis aan derduisend­e kinders en volwassene­s.

Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het die swembadden­s tot dusver ongeveer

10 000 kinders en 2 000 volwassene­s gelok. Ongeveer 130 mense het seisoenkaa­rtjies gekoop.

Die onderhoud van die swembadden­s is egter volgens haar ‘n groot uitdaging.

“Infrastruk­tuur en toerusting bly ‘n probleem. Dit veroorsaak veranderin­gs aan die kwaliteit van ons diens. Die ander groot probleme is vandalisme, inbrake en gebruikers wat onder die invloed van drank en dwelms swem.”

Volgens haar het hulle min van dié voorvalle gehad en beheer die sekerheids­wagte dit goed, maar die munisipali­teit vra steeds inwoners om nie na die swembadden­s te kom as hulle onder die invloed is nie.

Oliphant sê besoekers wat onaanvaarb­are taal teenoor die personeel by die swembad gebruik is ook ‘n probleem.

Volgens haar hang die hoeveelhei­d personeel wat by die swembadden­s werk, af van hoe groot die swembad is.

“Daar sal by swembadden­s een kassiere, een toesighoue­r en twee skoonmaker­s wees en tussen twee en drie lewensredd­ers en vier tot ses sekerheids­wagte.”

Die munisipale swembadden­s sal vanjaar elke dag tot 28 Februarie oop wees. In Maart sal die swembadden­s slegs oor naweke tot die laaste naweek van die maand oop wees.

 ??  ?? Kinders soek lafenis in die helder water van die swembad in Kerkstraat.
Kinders soek lafenis in die helder water van die swembad in Kerkstraat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa