Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn-fietsryers skitter by Eden-kampioensk­appe

- CHRISTO VERMAAK

Agt Oudtshoorn Eden-fietsryers was onder die 23 ryers wat Saterdag 13 Januarie die Eden 102 km-padkampioe­nskappe op Oudtshoorn voltooi het.

Alhoewel Louis Visser, wat vir Team Dimension Data internasio­naal ry, die ren in ‘n tyd van 02:41:26 gewen het, was die Oudtshoorn-fietsryer, Marchal Hendricks, eerste om in Eden-kleure oor die eindstreep te jaag. In ‘n tyd van 02:42:35 het Hendricks en Theuns van der Bank saam klaargemaa­k. Van der Bank is egter nie ‘n Eden-fietsryer nie.

Fienie Barnard (02:58:19) het die vroue-afdeling gewen. Sy was ook die eerste vroue-veteraan (40-44) om oor die eindstreep te ry.

Ander Oudtshoorn-fietsryers was Kerrighan Aries (12de - 02:58:07), Marlenene Vussi (13de - 02:58:18), Mario Macleod (16de - 03:05:35), Morneal Esau (17de - 03:05:36), Kobus Barnard (18de - 03:11:47) en Johan Griffioen (22ste 03:33:23).

In die 52 km-ren het nege Oudtshoorn­ryers onder die 26 deelnemers klaargemaa­k. Errol Pretorius (01:26:23) en Benino Hans (01:26:24) was onderskeid­elik eerste en tweede. Pretorius (veterane 60-64) en Hans (o.17) het ook die top podium posisies ingeneem as wenners in hul onderskeie ouderdomsk­ategorieë.

Charlissa Schultz (01:36:56) was die eerste vrouedeeln­emer om klaar te maak. Die ander Oudtshoorn-fietsryers was Breyton Hendriks (10de: 01:34:39), Waderick Pienaar (12de - 01:36:11), Phillo Verlaat (14de - 01:36:56) Theunis Botha (16de 01:40:59), Reece Wheeler (19de - 01:55:27) en Jaco Mouton (21ste - 01:56:13).

Verlaat het ook die gestremde afdeling gewen.

Twee Oudtshoorn vrouefiets­ryers, Suveena Arries (01:07:09) en Chandré Schultz (01:07:19) het in die 30 km-ren die ander deelnemers laat les opsê toe hulle onderskeid­elik die eerste en tweede plekke losgetrap het.

Vier ander Oudtshoorn-fietsryers wat dié ren voltooi het, was Jowaygen Goliath (3de - 01:07:19), Jaylin Goliath (5de - 01:18:15), Edward Dalton (6de - 01:27:09) en Andrea Brandt (7de - 01:36:55).

Jowaygen het ook die o.13-afdeling gewen. In die 15 km-ren het Beyaunte Goliath (47:20) algeheel derde klaargemaa­k. Sy was egter die eerste Eden-ryer oor die eindstreep. Die ander twee dames wat die eerste twee plekke losgery het, Mine (42:45) en Jana van der Walt (42:46), is nie Eden-ryers nie.

Kean Dalton (47:32) se vierde plek het hom ook die eerste o.11-podiumposi­sie besorg. Caitlin Hendricks (5de - 50:56) het Oudtshoorn se Eden-fietsry prestasies afgerond.

In die tydtoets renne het Oudtshoorn se Eden-ryers as volg klaargemaa­k:

27 km

Kobus Barnard (4de algeheel en 2de veteraan 40-44 - 40:29)

Mario Macleod (6de algeheel en 2de veteraan 45-49 - 41:34)

Serfie Serfontein (9de algeheel en 3de veteraan 45-49 - 43:57)

Kerrighan Aries (10de algeheel en 2de junior - 44:10)

Morneal Esau (11de algeheel en 3de junior - 46: 49)

Johan Griffioen (12de algeheel en 4de veteraan 45-49 - 47:31)

Ryno Olivier (15de algeheel en 1ste elite 49:30)

Charne Dalton ( 17de algeheel en 2de vroue-veteraan - 30-34)

14 km

Errol Pretorius (1ste algeheel en 1ste veteraan 60-64 - 21;11)

Fienie Barnard (6de algeheel, vrouewenne­r en 1ste vroue-veteraan 40-44 - 23:04)

Waderick Pienaar (7de algeheel en 2de o.17 - 23:15)

Benino Hans (8ste algeheel en 3de o.17 23:21)

Breton Hendricks (10de algeheel en 4de o.17 - 24:14)

Charlissa Schultz (11de algeheel, tweede dame en 1ste o.17-dame - 24;20)

Theunis Botha (13de algeheel en 2de veteraan 50-45 - 24:38)

Reece Wheeler (16de algeheel en 2de o.15 - 27:10)

Chandré Schultz (19de algeheel, 5de dame en 2de o.15-dame - 29:15)

Suveena Aries (20ste algeheel, 6de dame en 3de o.15-dame - 30:41)

Edward Dalton (21ste algeheel en 2de o.13 - 31:29)

Jowaygen Goliath (23ste algheel en 3de o.13 - 32:39)

Jaylin Goliath (25ste algeheel en 4de o.13 - 34:02)

Andrea Brandt (26ste algeheel en 5de o.15- 38:47)

10 km

Corné Serfontein (3de algeheel, 2de dame en 2de dames-veteraan 50-54 - 18:14)

Amanda Hager (5de algeheel, 4de dame en 1ste dames veteraan 55-59 - 20:20)

Beyuante Goliath (7de algeheel, 6de dame en 2de o.13 - 21:53)

Caitlin Hendriks (8ste algeheel, 7de dame en 3de o.13 - 23:08)

Kean Dalton (9de algeheel en 1ste o.11 23:29).

 ??  ??
 ??  ?? Louis Visser het die 102 km-ren gemaklik gewen.
Louis Visser het die 102 km-ren gemaklik gewen.
 ??  ?? Mario Macleod gereed om weg te spring vir die tydtoets.
Mario Macleod gereed om weg te spring vir die tydtoets.
 ??  ?? Ryers pak die Volmoed-koppe aan.
Ryers pak die Volmoed-koppe aan.
 ??  ?? Reece Wheeler het die 52 km-padren in 01:55:27 afgelê.
Reece Wheeler het die 52 km-padren in 01:55:27 afgelê.
 ??  ?? Errol Pretorius (links) en Pierre-yves Jeanrenaud het die tydtoets vir veteranne 60-64 gewen.
Errol Pretorius (links) en Pierre-yves Jeanrenaud het die tydtoets vir veteranne 60-64 gewen.
 ??  ?? Serfie Serfontein (links) en Mario Macleod het die vinniste tye in die tydtoets vir veterane 45-49 gery.
Serfie Serfontein (links) en Mario Macleod het die vinniste tye in die tydtoets vir veterane 45-49 gery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa