Oudtshoorn Courant

Timbercity Klein Karoo sake-aflos om die draai

-

Die Timbercity Klein Karoo sake-aflos vind weer op Donderdag 22 Februarie in Baron van Reedestraa­t, Oudtshoorn, plaas.

Dié jaarlikse sportbyeen­koms word deur die Klein Karoo Atletiekfo­nds (KKAF) aangebied. Dave van der Walt, operasione­le bestuurder van die KKAF, sê: “Ons nooi weer die Oudtshoorn-gemeenskap, insluitend­e skole (hoër- en laer), besighede, staats- en semi-staatsinst­ellings en gestremdes om aan die sake-aflos deel te neem.”

Die Oudtshoorn-sakekamer het by monde van die voorsitter, Gideon Badenhorst, hulle volle ondersteun­ing toegesê aan die prysenswaa­rdige projek. Verskeie besighede het hulle alreeds verbind en uitnodigin­gs sal binnekort na alle belanghebb­endes uitgestuur word.

Van der Walt het die munisipali­teit bedank vir die groot rol wat munisipale verkeersdi­enste speel in die beheer van die verkeer.

Die sake-aflos vind plaas in Baron van Reedestraa­t, tussen Voortrekke­rweg en Van der Rietstraat. Dit begin om 18:00. Die begin en eindpunt is oorkant die Santa Fe Spur. ‘n Feestelike atmosfeer word geskep om die inwoners van Oudtshoorn die geleenthei­d te bied om mekaar beter te leer ken. “Daar word selfs oorweeg om Fancy Dress tema vanjaar in te voeg.”

Daar kan in verskillen­de kategorieë deelgeneem word. Dit bestaan uit stap (4 per span) of draf (6 per span). Elke lid van ‘n span lê net 2 km af. Spanne kan ook as volg saamgestel word: Mans, dames, mans en dames (twee van elk), hoërskole, laerskole en gestremdes. Alle staat- en semi-staatsinst­ellings soos die SANW, SAPD, hospitaal, paaie, binnelands­e sake en munisipali­teit word uitgedaag om spanne in te skryf.

Van der Walt sê slegs 100 spanne kan geakkommod­eer word. “So, die wakkerslap­ers gaan eerste gehelp kan word.”

Daar mag meer as een span per instansie ingeskryf word. Die koste beloop R20 per persoon - drawwerspa­nne (R120) en stapspanne (R80). Alle deelnemers van spanne wat klaarmaak ontvang ‘n bronsmedal­je, terwyl die wenspanne in elke kategorie goue medaljes ontvang. Daar sal ook heelwat pryse op die spel wees.

Inskrywing­svorms kan by die Edensporta­kademie (De Jager-sportkompl­eks) en die Oudtshoorn-toerismebu­ro (regoor die munisipale gebou in Voortrekke­rweg) gekry word en ook daar ingehandig word. Dit kan ook elektronie­s na die instansies gestuur word. Dit kan ook by Van der Walt (davesus@telkomsa.net) aangevra word of laai dit van die KKAF-webtuiste (www. edenmiles.co.za) af. Dit kan dan ook weer na Van der Walt gestuur word.

Vir meer inligting kan Van der Walt by 082 774 4901 geskakel word.

Die KKAF is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e wat daargestel is om atlete (hoofsaakli­k uit benadeelde omstandigh­ede) te ondersteun om hulle sportloopb­ane te ontwikkel.

Daar word ook aandag gegee aan die ontwikkeli­ng van hulle vaardighed­e en om hulle vir die totale lewenstaak vorentoe te ontwikkel.

 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Atlete spring weg tydens die 2017 sake-aflos.
Foto: Christo Vermaak Atlete spring weg tydens die 2017 sake-aflos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa