Oudtshoorn Courant

Bakkie deur burgemeest­er se hek

-

‘n Toyota-bakkie het Woensdagmi­ddag tydens ‘n botsing in die burgemeest­er se erf beland.

Die bestuurder is lig beseer toe die bakkie eers teen ‘n motor en toe deur die veiligheid­shek en heining van die woning van Colan Sylvester geploeg het.

Volgens ‘n ooggetuie was die bakkie met Jonesstraa­t onderweg en die bestuurder het versuim om by die stopstraat stil te hou. Die bakkie is deur ‘n motor getref wat met Meulstraat onderweg was. Alhoewel daar ‘n stopstraat is, is daar nie ‘n stopteken nie en die lyne op die padoppervl­ak is baie dof.

“Ek het na werk huis toe gestap. Ek was al verby die stopstraat toe sien ek hier ry die bakkie. Ek was nogal dankbaar ek was nie op daardie stadium in die pad nie.”

Die bestuurder van die bakkie het na die botsing met die motor, beheer oor die voertuig verloor en deur die hek en heining van die burgemeest­er se huis gery.

Die bestuurder van die motor het aan die

Oudtshoorn Courant gesê hy het probeer het om die ongeluk te vermy en dit is waarom hy die agterkant van die bakkie getref het. Hy is nie beseer nie, maar is vir ‘n ondersoek hospitaal toe. Sy vrou is egter vir rug- en nekbeserin­gs na die hospitaal geneem.

Die bestuurder van die bakkie het beserings aan sy gesig opgedoen.

Inwoners van Jonestraat sê dit is die derde ongeluk in die afgelope twee maande op dié kruising.

“Die een stopstraat het nie meer ‘n bord nie en nie een van die twee stoppe se lyne is sigbaar nie,” het een inwoner gesê.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Die bakkie het Woensdagmi­ddag die burgemeest­er se hek verwoes.
Foto’s: Liezl van Niekerk Die bakkie het Woensdagmi­ddag die burgemeest­er se hek verwoes.
 ??  ?? Die motor wat die bakkie getref het.
Die motor wat die bakkie getref het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa