Oudtshoorn Courant

Hondesiekt­e steeds erg

- LIEZL VAN NIEKERK

Die gevreesde hondesiekt­e eis ook sy tol in Prins Albert.

Bykans 200 honde is sedert Desember 2017, toe die siekte in Prins Albert uitgebreek het, tot Februarie vanjaar dood.

Vrywillige­rs van Prins Albert Dieresorg (Pads), ‘n liefdadigh­eidsorgani­sasie wat hulle op diere in die Prins Albert-omgewing toespits, werk vir die afgelope paar maande onverpoos om die siekte te kniehalter.

Jill Gauntlett, voorsitter van Pads, sê sedert Desember verlede jaar moes hulle 180 honde uitsit.

“Dit sluit die honde wat by hul huise weens die siekte vrek, uit,” het sy gesê.

Volgens haar versprei die siekte geweldig vinnig omdat meeste honde nie in hul erwe bly nie.

“Met die uitbreek van dié siekte was die belangrikh­eid van sterilisas­ie baie duidelik. Hier is eenvoudig té veel honde en hulle loop vrylik buite rond. Hondesiekt­e in ‘n hoogsaanst­eeklike siekte en wanneer die honde nie by hul huise bly nie vererger dit die situasie.”

Volgens haar is babahondji­es wat gesonde ma’s het minder vatbaar vir die siekte, maar is hulle nie immuun teen hondesiekt­e nie.

“As die tewe nie ingeënt word nie is die kanse baie goed dat die babas dit gaan kry. Ongeveer 80% van ons babahondji­es het gevrek weens hondesiekt­e.”

Sy het ook gesê dat simptome waarna opgelet moet word dehidrasie, drastiese gewigsverl­ies, diarree, respirator­iese probleme en slym by die neus insluit.

“Omdat hondesiekt­e deur ‘n virus veroorsaak word is daar nie veel wat ons kan doen om die honde te red nie. Daar is egter gevalle waar sommige van die honde wel oorleef. Daar is egter altyd manifestas­ies van neurologie­se simptome soos verlamming of hulle raak selfs blind.”

Volgens haar sal die siekte makliker beheerbaar wees as troeteldie­reienaars beter na hul diere omsien.

“Sterilisee­r jou hond, hou jou erf netjies en skoon, ent die hond in en ontwurm die hond gereeld. Dit gaan die verhoed dat die hond siek raak nie, maar verminder die kanse.”

Pads is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e wat op diere in die Prins Albert-omgewing fokus. Hulle maak staat op skenkings van die gemeenskap en geldinsame­lings om die huur vir die houer waaruit hulle hul dienste lewer te dek en ook om die mediese voorraad waarmee hulle die diere help aan te koop. Hulle het jaarliks drie sterilisas­ieklinieke en ent ook diere in waar hul eienaars dit nie kan bekostig nie. Pads help ook met die ontwurming van troeteldie­re en troeteldie­reienaars kan ook hul honde by hulle bad en dip. Hulle fokus ook sterk daarop om die gemeenskap op te voed ten opsigte van die versorging van diere en ook siektes wat diere kan dra.

Vir meer inligting oor Pads skakel hulle by 071 571 8600 of stuur ‘n e-pos na animalwelf­arepa@gmail.com.

 ??  ?? Een van die honde in Prins Albert wat weens hondesiekt­e uitgesit moes word.
Een van die honde in Prins Albert wat weens hondesiekt­e uitgesit moes word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa