Oudtshoorn Courant

Facts about Listeriosi­s

- LIEZL VAN NIEKERK

Honderde honde vrek steeds maandeliks aan hondesiekt­e, ook bekend as canine

distemper, wat November verlede jaar in die Oudtshoorn-omgewing uitgebreek het.

Volgens Odette Claassen-Streicher van, Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN), is daar in Februarie 165 honde weens dié siekte uitgesit. Dit is tussen vyf en ses honde per dag.

“In Desember is 33 dood, in Januarie 140 en sedert die begin van Maart ongeveer 50. Dit is slegs die syfers van die honde wat deur ons en die skut by huise opgetel en uitgesit word. Daar kan nog meer vrektes wees,” het sy dié week gesê.

Sy sê emosioneel, fisies en finansieel kry die vrywillige­rs van die munisipale skut en ODIN swaar.

“Dit is nie net volwasse of ou honde wat ons moet uitsit nie. Ons moes al tefies met hul hele werpsel uitsit, want as die mamma dit het, het die kleintjies dit ook. Ons moes babahondji­es uitsit wat, as hulle ingeënt was, heeltemal gesond kon wees en ons moes al hoogswange­r tewe ook uitsit. Om daagliks met so iets te werk is werklik uitputtend.”

Volgens haar gaan dit ook finansieel baie moeilik omdat daar vir elke dier wat uitgesit word betaal moet word.

“Mense bel ons om die diere te kom haal en langs die pad is daar altyd twee of drie wat ons moet oplaai omdat hulle ook siek is. Die brandstofg­eld vir so ‘n uitstappie, veral as dit ‘n paar keer op ‘n dag is, is vreeslik hoog.”

ODIN moedig troeteldie­reienaars aan om hulle betyds te laat weet wanneer hulle vermoed ‘n hond is siek. “Die kanse is skraal dat die hond gered kan word, maar op die langtermyn veroorsaak distemper vreeslike lyding vir die hond.

Die siekte gaan na hul brein toe. Die honde is in soveel pyn en so deurmekaar dat hulle in meeste gevalle nie eens weet waar hulle is nie.”

Sy sê ook troeteldie­reienaars moet onthou om hul honde as babas in te ent en ook in ‘n netjiese, veilige erf te hou.

“Maak seker jou hond kom nie in aanraking met ander honde nie, want die kanse is baie goed dat hy aangesteek gaan word. Die onus rus op die eienaar van die hond om seker te maak hy is veilig en gesond. Dit is nie jou buurman se skuld as jou hond siek raak nie.”

Die Oudtshoorn Courant het in Februarie berig dat die siekte deur die Paramyxovi­rus wat hoogs aansteekli­k is, veroorsaak word.

Dr. Karlien Botha, ‘n veearts, het gesê honde-eienaars moet oplet na dié simptome:

Ongeveer 7 tot 14 dae na blootstell­ing aan die virus ervaar die hond verhoogde koors en lusteloosh­eid.

Die oë en neus dra dik slym.

Die hond hoes, gooi op en kry loopmaag. Verder ontwikkel die hond brein letsels en onwillekeu­rige spiersamet­rekkings van die kopspiere, wat bekend staan as ‘chewing gum fits’ wat baie gou deur die dood gevolg word.

Enigiemand wat ‘n skenking aan die munisipale-skut wil maak kan die skut by 044 203 3927 of Colleen Smith by 072 084 1374 skakel.

 ?? Foto: Colleen Smith ?? Dié man se hond moes weens hondesiekt­e uitgesit word.
Foto: Colleen Smith Dié man se hond moes weens hondesiekt­e uitgesit word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa