Oudtshoorn Courant

Titus borgtog geweier

- LIEZL VAN NIEKERK

Die borgtogaan­soek van Magdaleen Titus, een van die verdagtes in die moord op haar man, Preston Titus, is gister in die Oudtshoorn-landdrosho­f van die hand gewys.

Landdros Errol Thomas het gesê dat sy op aanklag van moord verskyn en dat daar wederregte­lik en opsetlik saamgeswee­r is om Preston te vermoor deur hom met ‘n mes te steek en hom met ‘n hamer te slaan.

Volgens hom het Titus besluit om nie self in die hof te getuig nie, maar eerder haar redes om wel op borgtog vrygelaat te word, deur middel van ‘n verklaring aan die hof oor te dra.

Hy het verder oor die ondersoekb­eampte, ao. Martin le Roux se getuienis gepraat en gesê dat die staat wel ‘n baie sterk prima facie saak teen Titus het.

Thomas het gesê dat hy hoofsaakli­k, maar nie uitsluitli­k nie, op drie punte gaan fokus met betrekking tot die beslissing van die borgtogaan­soek.

Volgens hom gaan dit oor die sterkte van die saak, die opweging van belange van geregtighe­id teenoor Titus en buitengewo­ne omstandigh­ede wat bewys waarom Titus vrygelaat moet word.

Thomas het toegegee dat die staat wel baie sterk op Sixabiso Klip, die eerste verdagte in die saak, se verklaring steun, maar volgens hom sou daar genoeg ander getuienis gewees het om Titus te arresteer al het die ondersoeks­pan nie Klip se verklaring gehad nie.

Wat die belange van geregtighe­id teenoor Titus aanbetref het Thomas gesê dat daar geen bewyse is dat Titus die veiligheid van die publiek in gedrang sou stel indien sy op borgtog vrygelaat word nie. Hy het wel die feit dat daar ‘n moontlikhe­id is dat sy met getuies kan inmeng opgehaal.

“Die ondersoekb­eampte het getuig dat die applikant met ‘n pastoor in verbinding was na haar arrestasie en dat sy hom gevra het om te bid dat die bewyse moet verdwyn. Hierdie is ‘n feit wat nie geïgnoreer kan word nie, veral omdat sy ‘n leier in die gemeenskap is.”

Hy het verder gesê dat hy dit baie eienaardig vind dat Titus nooit na die moord kontak met haar skoonma gemaak het nie.

“’n Mens sal dit van enige redelike persoon verwag om kontak met ‘n skoonouer te maak en te behou na die afsterwe van ‘n eggenoot.”

Die ander kwessies wat Thomas ook aangehaal het was die feit dat sy tydelik deur die ANC geskors is en dat sy in haar verklaring aan die hof gesê het sy gaan in Jonesstraa­t by vriende woon sou sy op borgtog vrygelaat word.

“Dit is vreemd dat sy in die hof noem dat sy by vriende gaan woon, maar die eienaars van die woning ontken vriends kapsbande met die applikant.”

Hy het ook gesê dat Titus se kinders in die veilige sorg van haar familie in Worcester is.

“Die hof sien geen buitengewo­ne omstandigh­ede om die applikant op borgtog vry te laat nie. Die feite voor die hof was skokkend en dus kan die hof nie voorkeur gee aan haar vryheid na die wrede moord op haar man nie.”

Hy het die saak van Titus en die ander twee beskuldigd­es, Natasha Stuurman en Justice Mooi, tot 9 April uitgestel.

Stuurman se prokureur, Chris Morgan, het na afloop van die hofverrigt­inge aan die

Oudtshoorn Courant gesê dat hy met sy kliënt gaan konsulteer oor haar borgtogaan­soek. Daar is egter nog geen duidelikhe­id of sy wel gaan aansoek doen of nie. Joshua Greeff, Titus se prokureur, het aangedui dat hy ook nog met Titus moet konsulteer om vas te stel of sy teen die hof se besluit wil appelleer.

 ??  ?? Magdaleen Titus en haar oorlede man Preston.
Magdaleen Titus en haar oorlede man Preston.
 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Kaptein Deon Bouwer en ao. Martin le Roux, die ondersoekb­eamptes in die saak, buite die hof.
Foto: Liezl van Niekerk Kaptein Deon Bouwer en ao. Martin le Roux, die ondersoekb­eamptes in die saak, buite die hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa