Oudtshoorn Courant

Damvlak daal, tariewe onverander­d

- CHRISTO VERMAAK

Die Oudtshoorn-munisipali­teit is besig om al vyf die dorp se reservoirs skoon te maak. Johan U ys, gehalte bestuurder by die Oudtshoorn-munisipali­teit se waterwerke, het gesê die eerste reservoir aan die agterkant van Oudtshoorn Korrektiew­e dienste, is Donderdag 1 Maart skoongemaa­k.

Intussen het die Raubenheim­erdam se watervlak tot 50% gedaal. Alhoewel ‘n raadsbeslu­it van 2017 bepaal dat indien die dam sy 50%-vlak bereik, strenger waterbeper­kings en hoër watertarie­we ingestel sal word, het Uys Woensdag gesê: “Strenger waterbeper­kings en hoër watertarie­we sal nie nou ingestel word nie. Ons maak staat op die Mellvilled­am se inloop na die Raubenheim­erdam om ‘n gemiddelde van 50% watervlak vir die dorp se hoofwaterb­ron te verseker.”

Die Mellvilled­am is slegs 5% die grootte van die Raubenheim­erdam, maar bly bykans permanent vol. Uys verduideli­k: “Die Raubenheim­erdam word vanuit twee klowe in die Swartberge gevoed. Die Mellvilled­am is in die een kloof geleë en ons maak staat opsy storings kapasiteit .”

Met betrekking tot die dorp se resevoirs, het Uys gesê: “Vier van die dorp se vyf reservoirs kan elk 13,5 miljoen liter water stoor. Die Kerkstraat reservoir stoor slegs 3,6 miljoen liter water.”

Uys het verduideli­k dat die skoonmaakp­roses jaarliks plaasvind en geen water gemors word nie.

“Die inlaatklep word toegemaak en wanneer die dam leeg is met voorsienin­g van water aan die dorp, vind die skoonmaakp­roses plaas.”

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er vir die Oudtshoorn-munisipali­teit, het Dinsdag gesê: “Ons het die uitslae ontvang van die watermonst­ers wat Dinsdag 27 Februarie geneem is. Alhoewel al die reservoirs se E.coli tellings nul is, is ons dit eens dat die water vir drinkdoele­indes, steeds gekook moet word, aangesien dit steeds troebel is en dit dus die effektiwit­eit van die chlorineri­ng verminder.”

Oor die bou van‘ n watersuiwe­ringsaanle­g vir Oudtshoorn, het Uys gesê: “Dit sal meer as R100 miljoen kos om so ‘n aanleg te bou, maar ‘n voorleggin­g is reeds opgestel om aan die raad voor te lê. Ons as departemen­t waterwerke sal graag ‘n suiwerings­aanleg vir die dorp wil hê.”

 ??  ?? Munisipale amptenare binne die reservoir wat Donderdag 1 Maart skoongemaa­k is.
Munisipale amptenare binne die reservoir wat Donderdag 1 Maart skoongemaa­k is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa