Oudtshoorn Courant

Constable nou B-Wes ‘generaal’

- CHRISTO VERMAAK

Die ANC is weer in beheer van BeaufortWe­s en Truman Prince is die nuwe onderburge­meester. Hierdie wending het op Sondag 18 Februarie plaasgevin­d toe die Karoo Democratic Front (KDF) hulle koalisie met die DA verbreek het en hulle gewig agter die ANC ingegooi het. Noël Constable, wat die enkele KDF setel op die raad beman, is met die burgemeest­erspos beloon vir sy moeite. Die DA en ANC het na die Augustus 2016 munisipale verkiesing elk ses setels in die raad gewen. Die KDF het die dertiende en bepalende setel gehad en besluit om met die DA saam te werk. Japie van der Linde van die D A het die burgemeest­er stoel inneem.

Enkele dae voor die inwoners van BeaufortWe­s op 21 Februarie weer in wyk 2 moes stem na die DA een van hul raadslede, Kate Elexander, weens wanbetalin­g van ledegelde geskors het, het Constable sy rug op die DA gekeer en hom by die ANC geskaar. Alhoewel die DA wyk 2 teruggewen het en Derick Welgemoed hul sesde setel ingeneem het, het Constable se oorlopery die weegskaal in die ANC se guns geswaai.

C ons t ab lei smet die 26 Februarie raadsverga­dering vergoed vir sy steun aan die ANC en as burgemeest­er aangewys. Die omstrede vorige ANC-burgemeest­er, Truman Prince, het die onderburge­meester stoel ingeneem en Wykie Matsoane van die ANC, is ingestem as die speaker.

Jaco Londt, DA-lid van die parlement en voorsitter van die oosstreek, het in reaksie gesê die DA beskou die ANC se oorname as onwettig.

Welgemoed het te kenne gegee dat die DA die aangeleent­heid Hooggeregs­hof toe neem en die oorname betwis. Hy wou egter nie uitbrei oor die meriete van hul saak nie.

Constable was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

 ??  ?? Truman Prince
Truman Prince
 ??  ?? Noël Constable
Noël Constable

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa