Oudtshoorn Courant

Politici stry oor Kannaland se munisipale leiers

- CHRISTO VERMAAK

Die politieke stryd binne Kannaland se munisipale raad duur steeds voort. Hierdie keer is die munisipale bestuurder, Reynold Stevens, en die hoof van finansies, Bennie Strydom, se aanstellin­gs die onderwerp van onmin.

Stevens is op 1 Junie 2017 as munisipale bestuurder aangestel en Strydom het op 1 Julie 2017 die stoel as hoof van finansies ingeneem.

Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, Anton Bredell, het na klagtes van Icosa regshulp ingewin om die wettigheid van hul aanstellin­gs te ondersoek.

Ian Avontuur, woordvoerd­er van Kannaland se burgemeest­er, Magdalena Barry, het bevestig dat Bredell se kantoor bevind het dat daar teenstrydi­ghede met hul aanstellin­gs was en die regte prosedure gevolg moet word. “Die minister het bevind dat daar mense op die aanstellin­gs komitee was wat nie daar mag wees nie,” het Avontuur gesê.

Tydens ‘n raadsverga­dering op 28 Februarie het die DA en ANC, wat elk met drie raadslede saamwerk teen Icosa, besluit om Stevens en Strydom as voltydse bestuurder­s te onthef en hulle vir ‘n drie maande tydperk tydelik in hul poste as waarnemend­e bestuurder­s aan te stel.

Hul poste is Sondag 4 Februarie in nasionale koerante geadvertee­r.

Jeffrey Donson, leier van Kannaland Icosa, beskryf dié DA/ANC-raadsbeslu­it as “verskrikli­k.” Hy sê, “Die Kannalandr­aad, en die provinsial­e regering minag die mense van Kannaland. Die raad het in weerwil van ernstige teenkantin­g van Icosa, besluit om skeidingsp­akette te beding met die munisipale bestuurder en die hoof finansiële beampte.”

Avontuur ontken dat skeidingsp­akette beding is .“Die hele aanstellin­gs proses word oorgedoen en beide bestuurder­s mag weer aansoek doen. Hulle is nie onbevoeg vir hul werk bevind nie. Die proses van die aanstellin­gs word net bevraagtek­en.”

Donson staan egter op sy punt dat, “Kannaland het die speelbal van eiegeregti­ge politieker­y geword. Hierdie vergryp sal onmiddelli­k einde kry.

Die mense van Kannaland is nie die provinsial­e regering en politieke partye se gekke nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa