Oudtshoorn Courant

Twaalf beseer toe bakkie rol

- HANNES VISSER

Drie ambulanse het 12 beseerdes hospitaal toe geneem nadat ‘n bakkie Saterdagog­gend tussen Oudtshoorn en Dysselsdor­p gerol het.

Volgens nooddiensw­erkers op die toneel het die bestuurder van die bakkie gesê sy het ‘n vragmotor verbygeste­ek. Die vragmotor het glo skielik na regs beweeg en die bakkie getref.

Die bakkie het op die grondskoue­r aan die regterkant van die pad beland en teruggeswa­ai na links. ‘n Sleepwaent­jie wat aan die bakkie was het losgebreek en aan die regterkant van die pad beland. Die bakkie het daarna gerol.

Die veselglask­appie is afgeruk en passasiers wat agter op die bakkie was is uitgesling­er. Die vragmotorb­estuurder was skynbaar onbewus van die ongeluk en het nie stilgehou nie.

Terwyl die Oudtshoorn Courant op die toneel was, het verkeersbe­amptes ‘n boodskap ontvang dat ‘n vragmotor wat die beskrywing pas, in Voortrekke­rweg voorgekeer is. Dit kon egter nie deur die koerant bevestig word nie.

Ten spyte van die erns van die ongeluk was daar geen kritieke beserings nie. Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse departemen­t van gesondheid, het bevestig dat 12 pasiënte hospitaal toe geneem en behandel is.

“Beserings was meestal laserasies, kneusplekk­e, en rug- en nekbeserin­gs. Twee pasiënte, onder wie ’n kind, is oornag gehou vir waarneming.”

Volgens die polisie word ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur ondersoek.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die ongeluksto­neel Saterdagog­gend, kort voordat die laaste ambulans met beseerdes vertrek het.
Foto: Hannes Visser Die ongeluksto­neel Saterdagog­gend, kort voordat die laaste ambulans met beseerdes vertrek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa