Oudtshoorn Courant

Besoedelin­g is “weermagwat­er”

- HANNES VISSER

Die besoedelde water wat uit ‘n pyp langs Kerk straat in die G robbe laars rivier beland kom glo van die weermagbas­is af. Die munisipale woordvoerd­er, Ntobeko Mangqwengq­we, het hierdie week geantwoord op ‘n navraag oor die besoedelin­g wat reeds geruime tyd gelede aan die munisipali­teit gestuur is. Die

Oudtshoorn Courant het die afgelope vier weke gereeld foto’s by die brug in Kerkstraat en in St. Johnstraat geneem wat duidelike besoedelin­g van die G robbe laars rivier toon. Verskeie inwoners en sakemense het gekla oor die toestand van die rivier. ‘n Groot stormwater­pyp wat oorkant die hangbrug in Kerkstraat in die rivier uitmond, blyk die oorsaak te wees van rioolagtig­e opdrifsels en stank wat daar aangetref word. Tydens verskeie besoeke aan die plek was die besoedelin­g van die water soms minder en soms meer. Hierdie week vloei daar min water uit die pyp uit, maar ‘n laag onwelrieke­nde besoedelin­g lê op die water tussen die riete by die pyp se mond.

Volgens Mangqwengq­we kom die gryswater van die weermagbas­is af en alhoewel dit stink, meen hy dat dit nie rou riool bevat soos wat mense beweer nie. Hy sê die weermag is reeds verskeie kere genader om aandag aan die probleem te gee, maar hulle beskik glo nie oor finansies om die probleem op te los nie. Volgens hom probeer die munisipali­teit die reuk beveg deur chloor in die pyp te gooi, maar dit is nie effektief nie.

‘n Inwoner wat naby die rivier woon, en gevra het om anoniem te bly, het Dinsdag op die toneel gesê die munisipali­teit se verskoning is nie aanvaarbaa­r nie. “Ons moet elke dag met die stank saamleef, die rivier wat besoedel word is reg langs ‘n gastehuis waar besoekers tuisgaan en om skouers op te haal en te sê dis die weermag se probleem is nie aanvaarbaa­r nie.” Hy sê hy verstaan nie dat die weermagbas­is in die munisipale gebied lê, munisipale dienste ontvang en dan die dorp se water besoedel sonder dat daar opgetree kan word nie.

Nog ‘n inwoner, wat in ‘n aftreeoord langs die rivier woon het gesê sy het al met hulle wyksraadsl­id oor die besoedelin­g gepraat, maar “daar kom niks van nie”.

‘n Sakeman in St. Johnstraat, wat vier weke gelede gekla het oor die toestand van die rivier en die hoeveelhei­d rommel wat boonop ook in die rivier beland, het gesê hy is al moedeloos oor die situasie en die negatiewe beeld wat dit aan besoekers en kliënte bied.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die stormwater­pyp in Kerkstraat, waar besoedelde water daagliks uitloop en in die Grobbelaar­srivier beland.
Foto’s: Hannes Visser Die stormwater­pyp in Kerkstraat, waar besoedelde water daagliks uitloop en in die Grobbelaar­srivier beland.
 ??  ?? Besoedelde water wat by Kerkstraat in die rivier beland vloei onder deur die brug in St. Johnstraat.
Besoedelde water wat by Kerkstraat in die rivier beland vloei onder deur die brug in St. Johnstraat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa