Oudtshoorn Courant

Niemand staan pa vir straatkind­ers

- HANNES VISSER

Dit blyk dat daar geen gesamentli­ke owerheidsp­lan in Oudtshoorn bestaan wat die probleem van straatkind­ers, leeglêers en bedelaars ondersoek nie.

Na drie weke se navrae aan die munisipali­teit, polisie en department van maatskapli­ke dienste is dit duidelik dat nie een van die instansies verantwoor­delikheid aanvaar vir ‘n plofbare kwessie wat wag om vlam te vat nie. Die Oudtshoorn Courant het verskeie klagtes van inwoners ontvang oor haweloses, jeugdiges en leeglêers wat op ‘n daaglikse basis in die middedorp is en snags op persele se stoepe en op munisipale eiendom slaap. Volgens ‘n bestuursli­d van Oudtshoorn-toerisme, Niel Els, is die daaglikse toneel wat besoekers soggens naby die toerismeka­ntore begroet, ‘n groep haweloses wat onder kartonne en komberse op die gras langs die museum lê en slaap. Verder word besoekers en toeriste op elke hoek en voor elke eetplek deur bedelende jeugdiges gekonfront­eer.

Voorvalle waarvan inwoners die afgelope tyd getuig het sluit in vrouens wat by die De Jager-sportkompl­eks deur ‘n jeugdige beroof is, ‘n bejaarde vrou wat onderweg na haar huis die hulp van personeel by ‘n ondernemin­g moes inroep omdat jeugdiges gedreig het om haar kos en inkopies af te neem, vroulike personeell­ede van ‘n besigheid wat deur ‘n groep jeugdiges gedreig is en die polisie se beweerde onwillighe­id om op te tree nadat die vroue hulle gebel het.

Die gemeenskap s radiostasi­e S FM het binne ‘n dag nadat hulle luisteraar­s genooi het om briewe te skryf oor voorvalle en probleme met jeugdiges en bedelaars op straat, meer as 30 e-posse en briewe per hand ontvang. Die briewe bevat glo verskeie voorvalle waarby groepe jeugdiges betrokke is.

Die Oudtshoorn Courant se navrae aan die onderskeie departemen­te het duidelik gewys dat daar geen uitvoerbar­e plan op die tafel is nie. Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn polisie, tree die polisie in sodra‘ n misdaad aangemeld word. Hy noem egter dat minderjari­ges by baie voorvalle betrokke is en dus deur die departemen­t van maatskapli­ke dienste aangespree­k moet word. Dennis Ngonyama, die bestuurder van die departemen­t van maatskapli­ke ontwikkeli­ng sê egter weer dat die meeste voorvalle jeugdiges bo 18 insluit en dat sy departemen­t dan nie kan optree nie. Volgens hom volg sy departemen­t slegs voorvalle op waar minderjari­ges betrokke is.

Die munisipali­teit is tjoepstil oor die aangeleent­heid. Behalwe vir ontvangs erkenning op die koerant se navraag verlede week, is geen ander reaksie ontvang nie.

Die enigste daadwerkli­ke privaat inisiatief wat sedert Junie 2014 probeer het om die probleem van straatkind­ers op te los was die St Francis Invalsentr­um wat deur Famsa bestuur is. Famsa het egter die sentrum as gevolg van ‘n tekort aan hulpbronne, finaal aan die einde van Februarie gesluit.

“Ons kon net eenvoudig nie meer op ons eie aankarring sonder ‘n daadwerkli­ke ondernemin­g van die munisipali­teit om ons te ondersteun nie,” het Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo, Woensdag gesê.

Die Oudtshoorn-besigheids­kamer het tydens hulle strategies­e sessie verlede maand nege projekte in Oudtshoorn geïdentifi­seer wat dringend aandag moet kry. Een van die projekte is die skoonmaak en veiligheid van die dorp. ‘n Komitee is benoem om hierdie kwessie, wat onder andere straatkind­ers en leeglêers in die dorp sal insluit, onder die loep te neem. Die komitee se eerste beplanning­s vergaderin­g is gister gehou.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? ‘n Minderjari­ge verlig homself op die sypaadjie nadat die polisie ontbied is om ‘n groep waarvan hy deel was, by die museum te verwyder. INLAS: ‘n Groep jeugdiges wat snags langs die museum slaap.
Foto’s: Hannes Visser ‘n Minderjari­ge verlig homself op die sypaadjie nadat die polisie ontbied is om ‘n groep waarvan hy deel was, by die museum te verwyder. INLAS: ‘n Groep jeugdiges wat snags langs die museum slaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa