SWD-tweekamp kies gedugte span
Meer as 800 atlete uit 14 provinsies gaan op die Pilditch-atletiekstadion en in die Hillcrest-swembad in Pretoria meeding.
SWD-tweekamp het ‘n sterk span, bestaande uit 68 atlete, gekies om aan die 43ste Sportmans Warehouse SA Tweekampkampioenskap te gaan deelneem.
Die kampioenskap vind die naweek van 30 en 31 Maart in Pretoria plaas.
Dave van der Walt, woordvoerder vir SWD-tweekamp, het Maandag gesê, “daar is sterk aanspraakmakers op medaljes en met inagneming van die feit dat SWD verlede jaar, naas WP, die meeste medaljes kon inpalm, maak die bestuur opgewonde.”
Vogens Van der Walt rus hul grootste hoop op goud in die hande van atlete soos Johan Windt, Gustav Schlechter, Lara Schlechter, Chris van Wyk en Ruben Gouws.”
Gouws het tydens die SWDkampioenskap ‘n nuwe SA rekord van 2 455 punte daargestel.
Meer as 800 atlete uit 14 provinsies gaan op die Pilditch-atletiekstadion en in die Hillcrest-swembad in Pretoria meeding om te bepaal wie is die top-tweekamp-provinsie in Suid-Afrika.
Die span is: Ruben Gouws, Daniel van Zyl, De Villiers Lamprecht, Karli Lotter, Anna Grabe, Mela Loubsher, Morgan Jones, Gerald van der Heyde, Kuun Johannes, Petrus Desten de Necker, Mathew Seabrok, Sebastian Swart, Ula van der Merwe, Lume Gouws, Melissa Kuun, Marilie Duvenage, Anneme du Plessis, Kelly Paton, Stella Carter Johnson, Dominique de Jongh, Jancke Potgieter, Mia Hugget, Jeanie du Plessis, Matthew van Coller, Hanre Jubelius, Philendro Voigt, Wilhelm Kuun, Tiaan Visser, Blake Logan, Deon Horne, Dewit Botma, Christiaan Hattingh, Mattias Erasmus, Marcus Kleynhans, ChrisBen Smit, Jenna Borrett, Jossie Bebbington, Elize Smook, Alex Carter Johnson, Carlene Muller, Gustav Schlechter, Hendrick Visser, Borett Jade, Abigael Grobler, Larize Goosen, Anlize Vermeulen, Christel Smook, Ineke Herholdt, André Kleynhans, Johan van Eeden, Lara Schlechter, Zhane Vorster, Andrie Swart, Suné Visser, May du Plessis, Chris van Wyk, Gerhard Gouws, Iniel Hattingh, Deon Borrett, Herman Spannenberg, Stefan Goosen, Gerrit van Zyl, Marius Schlechter, Johan Windt, Edie Lutsch en Minke Janse van Rensburg.