Oudtshoorn Courant

Visser trap 10de plek in CTCT los

- CHRISTO VERMAAK

Oudtshoorn se padfietsry­trots, Louis Visser (jr.), het met Saterdag 10 Maart se Cape Town Cycle Tour 10de oor die eindstreep gejaag in ‘n tyd van 2 uur en 37 sekondes.

Visser sal die 2018-seisoen weer vir Dimension Data Continenta­l-span in Europa ry. Hy en sy vyf spanmaats, twee Suid-Afrikaners, twee Italianers en ‘n Nieu-Seelander, is in Italië gebaseer, waar hulle vir renne voorberei. Die hele Dimension Data Continenta­l-span het Saterdag in die Elite 200 ryers-groep gery. Een van die twee Italiaanse-spanlede, Luca Mozzato, het ‘n vierde plek losgery.

Kort na die Cape Town Cycle Tour het Visser en sy spanlede teruggevli­eg Italië toe.

Errol Pretorius het ook in minder as drie ure (2:53) klaargemaa­k.

Met ongeveer 30 000 deelnemers wat in groepe weggesprin­g het, het nog vyf Oudtshoorn­iete top-10-posisies in hul onderskeie groepe losgery.

Hulle is Kerrighan Aries (3:11 - tweede 2H-groep), Breyton Hendricks (3:21 - eerste 5A-groep), Morneal Esau (3:22 - eerste 6G-groep), Benino Hans (3:22 - tweede 6G-groep) en Wadrick Pienaar (3:36 - vyfde 5A-groep).

Mark Wentzel (4:58) het ‘n medalje ontvang vir sy 21ste Cape Town Cycle Tour suksesvol voltooi.

Ander Oudtshoorn­iete wat die 106 km-ren aangepak het, is (Inligting soos van Edenfietsr­y ontvang): Jao von Molendorff (3:29) Gerhard Vlok (4:27) Pieter Marais (3:41) Louis Visser sr. (3:43) Charlissa Chultz (3:48) Liesel Marais (4:13) Christophe­r Swart (4:44) Robert Swart (4:44) Sharon van Straaten (4:58) Werner Shultz (5:07).

 ??  ?? Louis Visser, (tweede van links) jaag oor die eindstreep. Die rooi pyl op die foto wys na Visser. INLAS: Louis Visser kort na hy die 10de plek in die Cape Town Cycle Tour losgery het.
Louis Visser, (tweede van links) jaag oor die eindstreep. Die rooi pyl op die foto wys na Visser. INLAS: Louis Visser kort na hy die 10de plek in die Cape Town Cycle Tour losgery het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa