Oudtshoorn Courant

Toekenning vir Kunste Onbeperk

-

Kunste Onbeperk se Teksmark is Sondag 18 Maart met die Fleur du Cap-teaterprys vir innovasie bekroon.

“Ons vereer Kunste Onbeperk se Teksmark, vir dié projek se strewe om SuidAfrika se kontemporê­re teater te ontwikkel deur die voorsienin­g van ’n markplein vir plaaslike dramaturge,” het Melanie Burke, voorsitter van die Fleur du Cap-teaterprys­e se beoordelin­gspaneel, gesê.

“Die Teksmark word geprys vir sy doel om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtek­ste te ontwikkel en ’n geleenthei­d vir dramaturge te skep om hul idees en tekste aan belangstel­lendes in die teaterbedr­yf voor te stel. Verder voorsien dié platform aan die gekose tekste en teaterprak­tisyns die nodige mentorskap om hulle werk ten volle te ontwikkel en op die planke te bring. Teksmark het toegesien dat oorspronkl­ike inhoud die lig sien, wat ’n diverse reeks van Suid-Afrikaanse stories verken en nuwe teaterstem­me verhef,” vertel Burke verder.

Hugo Theart, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, sê dit is ’n groot eer vir die Teksmark. “Dit is vir ons ’n baie belangrike projek. Alhoewel daar in die eerste twee jaar uitstaande tekste uit die projek geïdentifi­seer en ontwikkel is – en ook nog word – is daar nog soveel meer wat ons moet vermag,” sê Theart.

“Ons wil met dié projek sorg dat ons sterk mentorskap­programme vir jong, talentvoll­e skrywers daarstel en ook langtermyn­doelwitte realiseer om gevestigde skrywers te ondersteun. Alhoewel die Teksmark ’n inisiatief van Kunste Onbeperk is, kan dié projek alleenlik ’n bydrae lewer as die hele bedryf eienaarska­p neem en dit as ’n gesamentli­ke geleenthei­d benut.

Die Teksmark sou beslis nie sonder die ondersteun­ing van verskeie rolspelers moontlik gewees het nie – veral die ondersteun­ing van die Nasionale Afrikaanse Teaterinis­iatief (NATi) en die Baxter Teatersent­rum is van onskatbare waarde, asook verskeie feeste en organisasi­es wat met oorgawe deelneem om tekste by die Teksmark te identifise­er en finansieel in die ontwikkeli­ng daarvan te belê,” brei Theart uit.

Vyf tekste van die Kunste Onbeperk Teksmark is vanjaar van Donderdag 29 Maart tot Woensdag 4 April by die KKNK op Oudtshoorn te sien: Amee Lekas se Die dans van die Watermeid, Marina Albertyn se Melk & vleis, Ingrid Winterbach se Ons is almal freaks hier, Bauke Snyman se Swerfgoed en Du Toit Albertze se Die Meermin-kompleks (deel van die Uitkamptea­ter-program).

Die volledige feesprogra­m vir die KKNK is by www.kknk.co.za beskikbaar en kaartjies kan by Computicke­t, Shoprite/ Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbes­prekings kan by 044 203 8600 gemaak word.

Ons wil met dié projek sorg dat ons sterk mentorskap­programme vir jong, talentvoll­e skrywers daarstel

 ?? Foto: Jeffrey Abrahams ?? Hugo Theart, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, met die Fleur du Cap-prys vir Innovasie, wat aan Kunste Onbeperk se Teksmark toegeken is.
Foto: Jeffrey Abrahams Hugo Theart, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, met die Fleur du Cap-prys vir Innovasie, wat aan Kunste Onbeperk se Teksmark toegeken is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa