Oudtshoorn Courant

Plaaslike beeldhouer vlieg hoog

- HANNES VISSER

‘n Plaaslike beeldhouer se pragbeeld van 1,3 ton pryk nou in die ingangslok­aal van ‘n splinternu­we multi-miljoenran­d gebou in Belville. Anton Roetz, eienaar van Shadowland­s gasteplaas buite Oudtshoorn, het bykans vier maande geswoeg, gesweis en geswets om dié beeldhouwe­rk uit 6 mm ysterplaat vir die departemen­t van waterwese en sanitasie te voltooi. Roetz, ‘n bedrewe mesmaker, het in Oktober vir die opdrag getender.

“Iemand wat messe by my gekoop het, en geweet het ek het ondervindi­ng van beeldhouwe­rk, het my aanbeveel om te tender toe waterwese en sanitasie voorleggin­gs vir ‘n beeld vir hulle nuwe gebou se ingansloka­al aangevra het. Ek het ‘n papiermode­l van my ontwerp gemaak en vir hulle gestuur.” Meer as ‘n maand het verloop voordat Roetz in kennis gestel is sy voorleggin­g is aanvaar.

Die beeld, met die titel The Life-giver, is twee hande waaruit twee bloukransv­oëls, Suid-Afrika se nasionale voël, vlieg.

“Ek het die twee bakhande gebruik as simbool van ons verantwoor­delikheid om water te berg, te suiwer en te versprei. Water is ‘n kosbare bron wat met omsigtighe­id bestuur moet word. Die twee voëls wat opstyg simbolisee­r ons natuurlike en biologiese erfenis wat ons as nasie moet bewaar en bestuur vir ons nageslag.”

Volgens Roetz het hy die beeld só ontwerp dat die vloeiende lyne by die lyne van die ultra-moderne gebou sal aanpas en hy was ook gereeld in verbinding met die binnenshui­se-ontwerpers wat vir die gebou verantwoor­delik was.

Hy het die beeld sonder enige hulp van handlanger­s in sy werkswinke­l op die plaas gemaak. Hy sê sy 12 jaar ondervindi­ng as stelbouer vir die SAUK het hom handig te pas gekom. Die beeld is Maandag Kaapstad toe vervoer en in die pas-voltooide gebou se ingangslok­aal staangemaa­k. Dit sal binne die volgende maand met die amptelike opening van die gebou, onthul word.

Die beeld is nie Roetz se enigste projek nie. Pas nadat hy dit voltooi het, het hy aan die werk gespring om een van die beelde wat deur Absa tydens die KKNK in die dorp opgerig gaan word, te voltooi. Hy het die afgelope twee weke skaars geslaap om dié skepping uit hout te voltooi. Alhoewel die Oudtshoorn

Courant reeds die halfvoltoo­ide produk gesien het, wil Roetz wag totdat dit voltooi is voordat hy iets daaroor verklap.

 ??  ?? Anton Roetz en sy vrou, Betsie, by sy beeld in die pas-voltooide gebou van die departemen­t van water en sanitasie.
Anton Roetz en sy vrou, Betsie, by sy beeld in die pas-voltooide gebou van die departemen­t van water en sanitasie.
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die plaaslike beeldhouer, Anton Roetz, by sy skepping van 1,3 ton wat hy in opdrag van die departemen­t van water en sanitasie voltooi het.
Foto: Hannes Visser Die plaaslike beeldhouer, Anton Roetz, by sy skepping van 1,3 ton wat hy in opdrag van die departemen­t van water en sanitasie voltooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa